Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
VS-egpaar sterf dae ná mekaar aan Covid-19, dogter ook siek

’n Egpaar van Brandfort in die Vrystaat is drie dae ná mekaar aan Covid-19 dood en hul dogter is weens die virussiekte in die waakeenheid opgeneem.

Die Van de Venter-gesin is van links Elsa, Kobus, Liana en Albertus. Foto: Verskaf

Liana (50) en Kobus van de Venter (53) se dood volg op dié van twee egpare van Bethlehem – Kate (79) en Tommie du Plessis (84), en Bertus (71) en Marthie de Winnaar (70) – nadat hulle vroeër die koronavirus opgedoen het.

Liana, ’n mensehulpbronbestuurder by Clover in Bloemfontein, is Sondag omstreeks 20:00 in hul huis op Brandfort dood.

Kobus, ’n onderwyser by die Hoërskool Staatspresident Swart op die dorp, het Woensdag om 07:35 in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein gesterf. Hy was etlike dae gehospitaliseer, sê Albertus van de Venter (23), die egpaar se seun. Hy woon en werk in Bloemfontein.

Hy sê dit gaan onder die omstandighede goed met sy suster, Elsa (25), wat met Covid-19 in dié hospitaal se waakeenheid opgeneem is. Sy is Maandag gehospitaliseer.

Kobus was onder verdowing en nie bewus van sy vrou se dood nie. Elsa, wat in die kosbedryf werk, woon in haar ouerhuis.

’n Van de Venter-gesinsfoto met van links Elsa, Kobus, Liana en Albertus. Foto: Facebook/Albertus van de Venter

Albertus beskryf sy ouers as lojale en goeie mense wat graag ander wou help, selfs vreemdelinge.

“Hulle het sommer vinnig uitgereik as hulle gehoor het ’n persoon kry swaar.”

Hulle was ook familievas.

Sy pa was baie lief vir Facebook en sy ma vir YouTube-video’s.

Kobus was op sy dag ’n marathonatleet wat onder meer die Comrades-marathon voltooi het.

Albertus sê Liana het dit geniet om kos te maak en het Elsa graag met die spyseniering vir gesellighede gehelp.

Handré Alberts, hoof van die Hoërskool Staatspresident Swart, sê Kobus was ’n legende by die skool en in die gemeenskap.

“Ons gaan hom baie mis en is almal hartseer en geskok.”

Albertus van de Venter saam met sy ouers, Liana en Kobus. Foto: Facebook/Albertus van de Venter

Volgens Alberts het Kobus ’n passie vir rugby en krieket gehad en het hy dié sportsoorte vir laerskoolleerlinge afgerig.

“Hy het ’n baie groot passie vir kinders gehad. Die kinders was baie, baie lief vir hom.”

Die egpaar word ook oorleef deur Kobus se ouers, Andries en Magda van de Venter, en sy suster, Adri. Hulle word ook deur Liana se ma, Bella Liebenberg, en haar suster, Karen le Roux, oorleef.

Die familie tref nog reëlings vir ’n gesamentlike diens.

Meer oor:  Brandfort  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Egpaar Sterf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.