Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
VS en N-Kaap gaan dié week sweet!

Ná ’n warm week in die sentrale binneland sal die hoë temperature, wat nét onder hittegolftoestande is, vandeesweek in die streek voortduur.

Temperature van die lae tot hoë 30’s word vandeesweek in die Vrystaat en Noord-Kaap verwag, sê Quinton Jacobs van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein.

Volgens Jacobs sal Bloemfontein vandeesweek met ’n maksimum temperatuur van 36 °C die warmste in die Vrystaat wees en die Warden-distrik in die Oos-Vrystaat sal met 29 °C die koelste wees. In Dealesville en Hoopstad sal die kwik tot 35 °C styg.

In die Noord-Kaap sal die temperatuur onder meer in Augrabies by 39 °C en in Kimberley en Barkly-Wes 37 °C wees.

“Dit lyk darem of daar elke dag ’n kansie vir donderstorms oor die Vrystaat en die oostelike dele van die Noord-Kaap is.”

Jacobs sê die reën wat dié donderstorms sal meebring, gaan waarskynlik nie noemenswaardig wees nie, maar darem genoeg wees om ’n effense lafenis te bring. Die buie sal geïsoleerd wees en ligte hael is moontlik.

Hy sê die lesings vir brandgevaar is op plekke rooi en ander onder rooi, met ’n groter risiko op plekke soos die sentrale deel van die Noord-Kaap waar nie veel reën verwag word nie.

Die wolke hou Sondag ’n belofte van reën oor Bloemfontein in. Foto: Lientjie Kotze/ Reënval in SA
Meer oor:  Weervoorspelling  |  Hittegolf  |  Weerdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.