Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vulliswa ry werker dood

’n Munisipale werker wat op Goeie Vrydag vullis in Thohoyandou in Limpopo verwyder het is dood toe ’n vulliswa oor haar gery het.

Mbadi Mashonelo (37) is op slag dood toe die vulliswa van die Thulamela-munisipaliteit in Thohoyandou haar getref het.

Sers. Vuledzani Dathi, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die vragmotor beweer hy het nie geweet Mashonela was agter die voertuig nie.

Hy het agteruit gery en glo per ongeluk oor haar gery. Die ongeluk het kort ná 09:00 Vrydag gebeur. Mashonela was besig om vullis op te ruim toe sy dood is.

Dathi sê die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag. Die bestuurder van die vulliswa is nie in hegtenis geneem nie.

Dié ongeluk is een van talle waarin etlike mense die naweek op Limpopo se paaie in dood is.

Matome Moremi Taueatsoala, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, sê in een van die ongelukke is twee mans Saterdag in Sekhukhune dood in ’n botsing reg van voor.

’n Mazda 323 en ’n Isuzu-bakkie het buite Monsterlus gebots. Albei bestuurders is dood.

Een van die passasiers is in ’n bedenklike toestand in ’n plaaslike hospitaal en nog vier passasiers is lig beseer.

Moremi Taueatsoala sê verkeer sal na verwagting laat Sondagmiddag skerp toeneem op die R71 vanaf Moria, sowat 30 km buite Polokwane. Honderde duisende mense het die naweek hier saamgetrek vir die Zion Christian Church (ZCC) se jaarlikse Paasfees.

Meer oor:  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Werker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.