Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Vullisvideo' al meer as miljoen keer gekyk

’n Video waarin ’n jong man vullis optel terwyl betogers dit keer op keer uit die vullishouer gooi, het soos ’n veldbrand versprei en selfs internasionaal opspraak gemaak.

Eckhard Binding
Eckhard Binding saam met sy ma, Yvonne Binding. Sy sê sy is baie trots op haar seun wat die regte ding om die regte redes gedoen het. Foto: Mlungisi Louw

Die video is Dinsdagmiddag al meer as 1,6 miljoen keer gekyk.

Eckhard Binding (21), ’n derdejaarstudent in bank- en beleggingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat, sê die wete dat hy iets gedoen het om die kampus ’n beter plek te maak is al wat vir hom belangrik is.

Hy wil nie ’n held wees nie, maar net ’n doodgewone mens wat na ’n beter Suid-Afrika streef.

Op die video kan gesien word hy tel die rommel op wat betogers uitgegooi het. Terwyl hy dit optel en in ’n vullishouer gooi, haal twee vroulike betogers, een met ’n EFF-hemp aan, dit uit die vullishouer en gooi dit weer op die grond.

“Ek probeer om ’n beter lewe te skep. Vir my gaan dit nie oor wie se werk dit is om die land ’n beter plek te maak nie. Al is dit nie jou werk nie, doen dit steeds,” sê die beskeie student.

Hy meen ’n vloekery en bakleiery gaan jou niks in die sak bring nie.

Dit het hom gefrustreer om die kampus so vuil te sien en daarom het hy besluit om te begin skoonmaak.

“Ja, dit is frustrerend, maar ek het afgekyk en voortgegaan om die rommel op te tel.”

Ja, dit is frustrerend, maar ek het afgekyk en voortgegaan om die rommel op te tel.

Hy sê hoewel die betogers hom woorde in Sotho toegesnou het, het hy nogtans voortgegaan, selfs nadat ’n ander student ook gesê het dit is nie die moeite werd nie.

Baie mense het hul respek vir die jong man uitgespreek en die vroue gekasty.

Tennile Hamilton sê: “Sit die velkleure eenkant, kyk na die ouderdom. Ons het ’n kind wat ’n eerbare ding doen en volwassenes wat soos bedorwe brokkies tekere gaan. Dit laat jou dink hoekom kinders onderwysers slaan en mishandel. Ons kinders tree so op omdat hulle in ons voetspore volg.”

“Welgedaan, seun, stel ’n voorbeeld,” lui Angelique Smith se inskrywing.

Landi Scholtz sê sy is trots op hom. “Wens meer van ons het jou karakter en waagmoed gehad.”

Die video is Vrydag omstreeks 11:00 by die Thakaneng-brug op die Kovsiekampus verfilm.

Meer oor:  Eckhard Binding  |  Universiteit Van Die Vrystaat  |  Video  |  Eff  |  Vullis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.