Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vulstasie jaag wêreldrekord met bloed

Die Engen-vulstasie in Penford, Uitenhage, wil erkenning kry deur Guiness World Records deur soveel as moontlik mense op die dorp te oortuig om op een dag bloed te skenk.

Marthinus Greyling, organiseerder, sê die mikpunt is 150 eenhede bloed. Die poging het Vrydag om 09:00 begin en duur tot 18:00.

Vuyokazi Bambalaza van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens help Nicci du Plessis, wat Vrydag bloed by die Engen-vulstasie in Penford in Uitenhage geskenk het as deel van die vulstasie se Guinness-wêreldrekordpoging. Foto: LULAMA ZENZILE

“Teen 13:00 is sowat 40 eenhede bloed geskenk en twee uur later het dit byna verdubbel. Die reaksie was goed en heelwat mense, wat die eerste keer bloed geskenk het, het opgedaag,” sê hy.

En net ná dié groot uitdaging, bied die dorp sy staptog vir kanker Saterdag aan. Die wins wat uit dié geleentheid gemaak word, gaan na die Igazi-stigting by die Port Elizabeth- Provinsiale Hospitaal.

Dié stigting beywer hom vir beter dienste vir pasiënte met bloedkanker en bloedsiektes.

Met dié twee dae wil die organiseerders ’n bewustheid skep van kanker en die noodsaaklikheid om bloed te skenk.

Gerrit Meyer, eienaar van die vulstasie, sê daar sal ’n groot vraag na bloed in die komende vakansietyd wees.

“As ’n sakeonderneming en ’n handelsmerk met integriteit wil ons vir ons gemeenskap en die wêreld wys dat ons die gawe van lewe teruggee.

“Elkeen van ons kan op ’n dag iewers bloed nodig kry. Daarom is dit ons plig om te help,” sê Meyer.

Mntu Nduvane, Engen se bestuurder van korporatiewe maatskaplike belegging, sê die maatskappy steun die veldtog ten volle omdat bloed ’n belangrike rol speel om mense se lewe te red.

Hy voeg by die maatskappy is ook trots daarop om met die Uitenhage Big Walk for Cancer-projek verbind te word.

Nina van Wyk, ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, sê hulle is dankbaar vir die vennootskap met Engen in Penford.

Meer oor:  Engen  |  Uitenhage  |  Bloed  |  Wêreldrekord  |  Vulstasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.