Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
W-Kaap besorg oor konsepregulasies oor gaar kos

Die konsepregulasies oor kosverspreiding deur nieregeringsorganisasies (NRO’s) wat tans deur die nasionale regering oorweeg word, “kan voedselsekerheid vir kwesbare gemeenskappe in die Wes-Kaap bedreig”.

Sharna Fernandez, Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling. Foto: Leanne Stander

Sharna Fernandez, Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, sê Lindiwe Zulu, nasionale minister van maatskaplike ontwikkeling, oorweeg nuwe konsepregulasies wat die verspreiding van gaar kos deur NRO’s verbied en vereis dat dié organisasies vir permitte sal moet aansoek doen indien hulle enige voedselhulp aan inwoners wil gee.

“Dit is kommerwekkend, want dit sal dit uiters moeilik maak vir private skenkers, NRO’s en die burgerlike samelewing om voedselverligting te bied aan dié inwoners wat dit die nodigste het.”

Fernandez sê in ’n verklaring dit sal die humanitêre krisis wat deur die reeds streng inperkingsregulasies veroorsaak word, net vererger.

Fernandez het dringend aan Zulu geskryf om haar te versoek om nie dié regulasies te aanvaar nie. Dit is omdat dit daartoe sal lei dat voedingskemas in woonbuurte in duie stort. Baie mense het nie kooktoerusting nie en maak staat op die gekookte kos wat aan hulle gegee word. ’n Verbod op gaar kos is ook in teenstelling met vlak 4-bepalings wat wel die verkoop van gekookte kos toelaat.

Fernandez sê die voorstel dat provinsiale departemente permitte gee aan diegene wat voedselhulp wil verleen, is onmoontlik om toe te pas aangesien daar derduisende organisasies en private mense is wat in woonbuurte kos verskaf.

“Ek vra ook dat daar veel meer konsultasie tussen alle regeringsvlakke en die burgerlike samelewing moet wees wanneer besluite geneem word wat die welstand van mense sal beïnvloed.”

Die LUR sê die konsepregulasies sal in elk geval min doen om die verspreiding van die koronavirus te beperk.

Meer oor:  Sharna Fernandez  |  Wes-Kaap  |  Kosverspreiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.