Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
W-Kaap se nuwe forensiese instituut gou klaar

Bouwerk aan die Wes-Kaap se nuwe Observatory- forensiese patologie-instituut (Ofpi), wat onder meer forensiese bewyse vir die strafregstelsel sal kan insamel, is 87% voltooi.

Die projek van R281 miljoen onder leiding van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, sal na verwagting later vanjaar vir ingebruikneming voltooi wees.

Die Ofpi is by die ingang van die Groote Schuur-hospitaal geleë. Dit sal toegerus word met 26 lykskouingstafels, vier disseksiekamers, elk met ses tafels, asook twee opleidingsuites. Dit sal yskasgeriewe vir 360 lyke hê, wat die druk op die lykhuis in Soutrivier sal verlig.

Bouwerk aan die Observatory- forensiese patologie-instituut (Ofpi), wat by die ingang van die Groote Schuur-hospitaal geleë is, vorder fluks.

“Die Soutrivier- forensiese patologie fasiliteit is oorlaai, en kan nie in die Wes-Kaap se behoeftes voldoen nie.

“Hierdie laboratorium van 10 399 m2 sal ’n beter integrasie bied van die werk wat deur die provinsiale forensiesepatologiedienste en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste gedoen word.

“Die fasiliteit sal ook die akademiese opleiding van die Universiteit van Kaapstad ondersteun, dienslewering verbeter en waardigheid na ons mense bring,” sê dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, in ’n verklaring.

Met die nuwe gerief wil die gesondheidsdepartement ook die privaatheid van familielede wat die lykhuis besoek beskerm. Daar is dus afsonderlike in- en uitgange vir hulle aangebring.

Daar is ook voorsiening gemaak vir ’n aparte ingang vir personeellede, studente, begrafnisondernemers en die polisie om veiligheid en privaatheid by die gebou te verseker.

Luidens die verklaring is die dubbelverdiepinggebou se vensters, deure en dak reeds voltooi. Die installering van elektriese en meganiese dienste, asook konstruksiewerk aan die parkeergebied, word tans gedoen.

Meer oor:  Nomafrench Mbombo  |  Wes-Kaap  |  Forensies  |  Patologie-Instituut  |  Nuut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.