Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Waar is Kobus Wiese?

Hoe verloor jy ’n reusagtige groot kêrel soos Kobus Wiese? Wat de hel het van hom geword?

Kobus Wiese

Dit is die vraag wat verskeie rugbyondersteuners vra nadat die gewilde oud-Springbokslot en ankeraanbieder van die program SuperRugby op kykNET nie die afgelope Maandag op sy pos was nie.

Wiese is al ’n instelling op die program wat hy al vir die afgelope 20 jaar help aanbied.

Dat iets agter die skerms van SuperRugby aan die gang is, is gewis.

Johnny Davids, die Kwêla-aanbieder wat Maandag vir Wiese ingestaan het, sê hy is vroeër die dag gebel en gevra om vir Wiese in te staan.

“Ek het geen idee hoekom hy nie daar was nie.”

En Wiese self wil ook nie sê wat aangaan nie.

“Ek kan op dié stadium geen kommentaar lewer nie, ek sal myself benadeel,” het hy die afgelope week aan Rapport gesê, voordat hy bygevoeg het: “Ek belowe om jou te kontak sodra ek kan. Sekere mense sit en wag om my reaksie te sien!”

Alles is glo nie pluis agter die TV-skerms nie.

Ook Wiese se vrou, Belinda, het op Twitter laat blyk dat alles nie pluis is nie en dat SuperSport besig is om van Wiese ontslae te raak. “Indien ’n persverklaring uitgereik word, moet verduidelik word hoekom (hulle hom ná) 20 jaar as aan­bieder . . . vervang sonder kennis en rede.”

Sy het intussen dié inskrywing verwyder, maar hertwiet steeds alles wat Wiese se vriend Kwagga Boucher, ’n voormalige Griffon- en Boland-speler, op Twitter skryf.

Boucher meen ook daar word gepoog om van Wiese as aanbieder ontslae te raak.

Johnny Davids

“Die man het SuperRugby van episode een af gedra. Dis ons Afrikaanse mense se program. Hande van ons mense af,” lui een van sy twiets.

SuperSport se woordvoerder, Clinton van der Berg, sê egter Wiese werk steeds as aanbieder van SuperRugby.

“Al ons ontleders en aanbieders is onafhanklike diensverskaffers,” sê Van der Berg.

“Die punt is dat nie elkeen elke week gaan werk nie. Dit is die aard van televisie.”

Hy beloof dat Wiese op 17 Februarie weer op die kassie sal wees.

Meer oor:  Kobus Wiese  |  Johnny Davids  |  Supersport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.