Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Waentjie sonder ligte straks rede vir botsing waarin 6 sterf

Verskillende weergawes kom nou aan die lig van wat Saterdag vroegoggend sou gebeur het toe drie motors in Kuruman in ’n botsing was wat die lewe van ses mans geëis het.

Die ongeluk het Saterdagoggend kort ná middernag op die R31 in die dorp gebeur.

Intussen word die mans op sosiale media deur vriende en familie gehuldig.

Rudi Kruger (links) saam met sy beste vriend, Danie Theron, wat ná Kruger se dood in ’n grusame ongeluk ’n huldeblyk vir hom geskryf het. Foto: Verskaf

Danie Theron het hartseer gereageer op die dood van sy beste vriend, Rudi Kruger, wat Saterdag een van die ses slagoffers was.

’n Deel van sy lewe is weg en dit het hom in twee geskeur, skryf hy.

“Hierdie lewe is geen grap nie. Wees dankbaar vir die asemrowende vriende en familie wat julle ouens het. Rus in vrede, my dierbare vriend Rudi.”

Volgens sy suster, Cindy, kom Theron en Kruger se vriendskap al van hul kinderdae.

Hoewel die polisie se verklaring lui dat ’n Toyota Camry ’n Volkswagen Golf wou verbysteek en teen Kruger se BMW, wat van voor gekom het, gebots het, verskil ’n inwoner hieroor van die polisie.

Die man, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê hy was kort ná die ongeluk op die toneel. “Dit was absoluut afgryslik.”

Hy sê die Camry het ’n waentjie gesleep wat vol meubels was. Die waentjie se ligte was na bewering buite werking, wat veroorsaak het dat die BMW se bestuurder dit nie gesien het nie en van agter daarteen gebots het.

Die botsing het glo veroorsaak dat die Camry die Golf getref het.

Die man sê toe hy op die toneel aankom, was die wrak van die BMW in vlamme.

Hy sê dit is ’n wonderwerk dat een passasier, Anton Roux, die dood met slegs ligte beserings vrygespring het.

Roux was Dinsdag nog erg geskok.

Die ander passasier in die motor was Leon Hollenbach, wat ook dood is en sy vrou en drie kinders agterlaat. Hy het glo agter in die BMW gesit.

Talle vriende en inwoners het op Theron se huldeblyk aan Kruger gereageer en hul simpatie met sy vrou, Charlotte, hul twee kinders en vriende uitgespreek.

Piet Fuchs skryf: “Gaan jou baie mis, tjom, jy gaan ’n groot deel van Kuruman laat swaar trek. Beste BMW-motorwerktuigkundige wat ek ooit geken het. Mis jou alreeds.”

Almarie Houps Williams skryf: “Rudi was ’n goeie mens. Sterkte aan Charlotte, Henry en die familie.”

Meer oor:  Kuruman  |  Drie Motors  |  6 Mense  |  Botsing  |  Dood  |  R31
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.