Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Wag oorleef moeilike seekoei se byt
Christo Lerm in die hospitaal nadat hy Donderdagoggend vroeg deur ’n seekoei aangeval is. Foto: Simon Sonnekus

Op Vrouedag het hy het die vetste, harigste en lelikste vrou ontmoet. Toe hulle oogkontak maak, het hy geweet hy moet vinnig spore maak, want sy sou hom vir seker opvreet.

Dit is hoe Christo Lerm, ’n veiligheidswag van Oostermoed-veiligheidsdienste, sy ontmoeting met ’n seekoei in die vroeë oggendure van Donderdag onthou.

Hy was nie verkeerd nie en ná dié ontmoeting is hy in die Netcare Krugersdorp-hospitaal.

Hy het ’n stuk heining van ’n wildplaas naby Kromdraai in die Wieg van die Mensdom gepatrolleer toe hy deur die seekoei aangeval is.

“Ek was by ’n deel van die heining waar iemand probeer inkom het. Ek het uit die bakkie geklim om die heining te ondersoek. Toe ek terugloop bakkie toe, het ek iets in die gras gehoor. Op daardie oomblik het my flits ophou werk en my radio geraas. Toe ek opkyk, het ek die seekoei so 10 m voor my gesien en besef sy is al op pad na my toe. Ek het net daar omgedraai en gehardloop, gehardloop vir my lewe,” het Lerm Vrydag gesê.

“In ’n stadium het my kop te swaar geraak vir my voete en ek het geval. Toe ek probeer opstaan, het die seekoei my vir die eerste keer gestamp. Ek het ’n boom gesoek vir skuiling. Maar toe ek een vind, loop ek toe net weer in ’n ander, effens kleiner seekoei se boud vas.

“Ek het geval en toe ek weer sien, byt die dier my en gooi my eenkant toe,” sê hy.

Nadat die seekoei hom nog ’n paar keer rondgestamp en hom aan die boud gebyt het, het Lerm besef dit is beter om net doodstil te lê in die gras.

Nadat die seekoei hom nog ’n paar keer rondgestamp en hom aan die boud gebyt het, het Lerm besef dit is beter om net doodstil te lê in die gras.

“Ek het besef ek moet nie nou aandag trek nie. Ek het so stil gelê dat ek nie eens wou asemhaal nie.”

Hy skat hy het bykans 20 minute daar gelê voordat hy hulp ontbied het.

“Toe ek die bakkie se ligte sien, het ek inmekaargesak. Ek was lam van skok, maar ook baie verlig, omdat ek het geweet het daar is iets wat my kan beskerm.”

Sy selfoon is erg beskadig en hy het in die hardloop sy trouring, sigaretaansteker, bakkiesleutels, mussie én sy Zam-Buk-salf verloor.

“Kort nadat ek by die hospitaal aangekom het, het my vrou, Wilmien, my baas en dié se seun daar aangekom. Hulle kon nie glo ek het die seekoei-aanval oorleef nie.”

Lerm hoop om binnekort weer op die been te wees. Hy is nie presies seker wat die omvang van sy besering is nie, maar hy weet hy het geen enkele been gebreek nie. Hy het ook nie erge beserings aan sy kop nie.

“Ek kan loop, maar my gat brand en my knie is baie seer, maar ek wag nog vir die dokter,” het hy gesê.

Vir die seekoei is hy nie kwaad nie. Hy sal hulle weer wil sien en dalk vir een van hulle ’n naam gee.

“Ek weet nie of sy ’n naam het nie of wat ek haar sal noem nie, maar ek sal hulle graag weer, van ’n afstand af, wil sien.”


Meer oor:  Christo Lerm  |  Hospitaal  |  Byt  |  Seekoeibyt  |  Seekoei  |  Vrouedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.