Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Walvis by Yzerfontein se lyding beëindig

Die walvis wat op 16 Myl-strand by Yzerfontein aan die Weskus uitgespoel het, gaan doodgemaak word om sy lyding te beëindig.

Lieze Swart, ’n amptenaar van die departement van omgewingsake wat op die toneel is, sê die besluit is geneem omdat die walvis reeds ure buite die see is en sy organe teen dié tyd ingee.

“Die walvis weeg tussen agt en nege ton. Mense is emosioneel oor die besluit, maar onthou, net soos wat dit die regte besluit is om jou swak hondjie wat erg ly, van kant te laat maak, moet die besluit ook geneem word met die walvis.”

Die metode wat gebruik word, is om die walvis met plofstof op te blaas, omdat ’n enkele skoot met ’n geweer nie noodwendig die dier se dood sal beteken nie, en sy lyding kan vererger.

Swart sê polisiebeamptes het al vantevore met sulke gevalle gehelp en sal in dié geval ook die plofstof hanteer.

Goeie nuus by die hartseer van die besluit wat geneem moes word, is dat navorsers monsters van die walvis se karkas kan neem vir verdere navorsing, soos om te bepaal hoeveel mikroplastiek die walvis ingeneem het, ’n toets vir enige virusse, DNS-monsters, en wat die walvis se swaarmetaalvlak is.

Swart sê navorsers mag nie walvisse jag vir navorsing nie, so geleenthede soos dié wanneer hulle op die strand uitspoel, word gebruik vir verdere navorsing.

Vroeër Maandagoggend het inwoners probeer om die walvis aan die lewe te hou deur water op die dier te gooi.

Die walvis het nie meer beweeg nie, maar het asemgehaal.

Die walvis is sowat 11 m lank.

Meer oor:  Walvis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.