Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Walviskalf by Simonstad uit toue bevry

’n Walviskalf is Saterdag in die Simonstad-gebied in die Wes-Kaap deur die Suid-Afrikaanse walvis-ontstrengelingsnetwerk (SAWDN) uit visvangtoue bevry terwyl ’n groter walvis, vermoedelik ’n familielid, naby ’n ogie gehou het.

Vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Simonstad het Saterdag om 08:32 met twee reddingsbote, die Spirit of Safmarine III en die Spirit of Surfski II, na die Millerspunt-gebied tussen Simonstad en Kaappunt gegaan nadat berig ontvang is van ’n walvis wat in visvangtoue verstrengel was, sê die SAWDN in ’n verklaring.

Hulle het ’n boggelrugwalviskalf aangetref waarvan die lyf en vinne in die toue verstrengel was, so erg dat die kalf aan die seebedding geanker was. Naby in die water was ’n groter walvis wat vermoedelik verwant is aan die kalfie.

Die SAWDN-span het die toue met gespesialiseerde toerusting weggesny. Volgens die SAWDN het dit 10 tot 12 snye geneem voordat al die toue verwyder is.

Die walvis het gesond gelyk en het vinnig weggeswem saam met die groter walvis.

Later het mense gesien hoe twee walvisse in die branders baljaar naby Boulders-strand in Simonstad. Aanvanklik is gedink die walvisse is besig om uit te spoel en die NSRI is ontbied. Die NSRI-vrywilligers het egter gesien die walvisse speel in die branders. Dit kon nie bevestig word of die walvisse dieselfde twee is wat vroeër die dag by Millerspunt was nie.

Meer oor:  Simonstad  |  Reddingspoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.