Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Warm Kersdag in Kaap verwag; dalk reën
Strandgangers speel Maandag vlugbal op Kampsbaaistrand in Kaapstad. Matige tot warm weer word op Kersdag oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag, met ’n kans op reën. Foto: Adrian de Kock

Matige tot warm weer word op Kersdag oor die Wes-Kaap verwag, met ’n weste- tot noordwestewind van sowat 30 km/h en ’n kans op reën of buie in die suidweste.

In die Oos-Kaap word ook warm weer verwag, met ’n tot 60%-kans op reën op plekke en ’n 30%-kans op reën en donderweer elders.

Weerwaarskuwings

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ook oor ’n uiters hoë brandgevaar Dinsdag oor die Sentraal-Karoo en die Klein-Karoo, asook in die Karoo-Hoogland- en die Hantam-munisipaliteit in die Noord-Kaap.

Dinsdag word stormsterk noordwestewinde van 65 km/h tot 70 km/h tussen Kaappunt en Mosselbaai verwag.

In die Sentraal-Karoo en die Karoo-Hoogland- en die Hantam-munisipaliteit word sterk binnelandse noordwestewinde van 50 km/h tot 62 km/h Dinsdag en Woensdag verwag, grootliks in die namiddag en in die aand.

In die Oos-Kaap is daar ook ’n uiters hoë brandgevaar tot Dinsdag.


Die weerdiens waarsku verder oor die uitwerking van die springgety wat op Kersdag verwag word.

Strandgangers word gewaarsku dat die hooggety hoër as gewoonlik sal wees in die aanloop tot Kersdag.

Vir meer inligting  klik hier.

Die hooggety kom op Kersdag tussen 14:00 en 15:30 in.

Besoekers aan die kus word aangemoedig om versigtig te wees in die lig van die springgety en net op plekke met menseredders te swem, luidens ’n verklaring van die weerdiens.

Kersdag

’n Maksimum van 21 °C word vir Kaapstad voorspel, met ’n noordwestewind van 30 km/h en ’n 30%-kans op reën.

Vir George word ’n maksimum van 22 °C voorspel, met ’n suidewind van 20 km/h en ’n 30%-kans op motreën.

In Hermanus is daar ’n 60%-kans op reënbuie en ’n 30%-kans op buie in die Paarl, Grabouw en Kaap Agulhas.

In Langebaan en Malmesbury is daar ook ’n 30%-kans op reën, met ’n 60%-kans op reën in Plettenbergbaai en ’n 30%-kans op motreën in Mosselbaai.

Die kwik kan tot 30 °C styg op Beaufort-Wes en Oudtshoorn en tot 25 °C en hoër op Worcester en Redelinghuys (25 °C), Riversdal (26 °C) en Clanwilliam (27 °C).

In Beaufort-Wes kan die noordwestewind tot 40 km/h bereik.

In die Oos-Kaap is daar Woensdag ’n kans op reën of buie oor die grootste deel van die provinsie.

Vir Port Elizabeth word ’n maksimum van 25 °C voorspel en ’n 60%-kans op reën, met ’n suidoostewind van tot 20 km/h.

In Uitenhage en Joubertina is daar ook ’n 60%-kans op reën, met ’n 30%-kans op buie in Port Alfred, Oos-Londen, Port St. Johns, Makhanda (Grahamstad), Bhisho en Fort Beaufort.

In Mthatha en Queenstown is daar ook ’n 30%-kans op reën en donderweer.

Temperature van 30 °C en hoër word verwag in Uitenhage en Mthatha (30 °C), Graaff-Reinet (35 °C), Fort Beaufort (34 °C), Cradock en Queenstown (37 °C).

Welwillendheidsdag

Teen Donderdag word koeler, gedeeltelik bewolkte weer oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag met ’n 30%-kans op buie op plekke in die suidweste en die Suid-Kaap.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 19 °C voorspel met ’n westewind van tot 30 km/h en ’n 30%-kans op buie.

’n Maksimum van 24 °C word vir George voorspel met ’n suidwestewind van tot 30 km/h en ’n 30%-kans op buie.

In Hermanus is daar ’n 60%-kans op buie, asook ’n 30%-kans op buie in die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal en Mosselbaai.

In Plettenbergbaai is daar ook ’n 30%-kans op reën.

Temperature van 25-°C en hoër word verwag in Oudtshoorn (29-°C), Beaufort-Wes (28 °C), Riversdal (26 °C) en Clanwilliam (25 °C).

In Kaap Agulhas kan die westewind ’n snelheid van tot 50 km/h bereik, en 40 km/h in Hermanus en Beaufort-Wes.

In die Oos-Kaap word ook koeler weer verwag, met ’n 30%-kans op reën en buie oor die grootste deel van die provinsie.

Vir Port Elizabeth word ’n maksimum van 24 °C voorspel, met ’n suidwestewind van tot 30 km/h en ’n 30%-kans op reën.

Die kwik kan tot 30 °C en hoër styg in Cradock en Queenstown (35 °C), Graaff-Reinet en Fort Beaufort (33 °C) en Mthatha (30 °C).

Meer oor:  Weervoorspelling  |  Weer  |  Warm  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.