Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Warm Kersdag in Wes-Kaap verwag
Warm tot baie warm temperature en meestal sonnige weer word Vrydag en Saterdag in die Wes-Kaap verwag. Foto: Jaco Marais

Warm temperature en gedeeltelik bewolkte tot sonnige weer word vir Kersdag in die Wes-Kaap voorspel.

In Kaapstad en George word deels bewolkte weer met ’n suidwestewind van tot 20 km/h Vrydag verwag, met ’n maksimum van 24 °C in Kaapstad en 26 °C in George.

Sonnige weer word vir die Weskus en die Karoo en dele van die Kaapse Wynlande voorspel, met temperature bo 30 °C.

In Clanwilliam en Oudtshoorn kan die kwik tot 34 °C styg en in Beaufort-Wes, Langebaan en Redelinghuys tot 33 °C.

Vir Worcester word ’n maksimum van 32 °C voorspel en 30 °C vir Ceres en Vredendal.

’n Sterker suidwestewind kan in dele van die Suid-Kaap voorkom en tot 40 km/h in Kaap Agulhas en 30 km/h in Riversdal en Mosselbaai bereik.

’n Maksimum van 25 °C word vir Mosselbaai voorspel, met 29 °C in Riversdal en 23 °C in Kaap Agulhas.

In die Paarl word ’n maksimum van 28 °C verwag en 27 °C in Malmesbury.

Vir Hermanus word ’n maksimum van 22 °C voorspel, met 23 °C in Grabouw en Plettenbergbaai.

Teen Welwillendheidsdag word effens warmer temperature en meestal sonnige weer oor die provinsie heen verwag. Deels bewolkte weer kan egter langs die kus in die Suid-Kaap voorkom.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 25 °C en ’n suidwestewind van tot 20 km/h voorspel.

Vir George word ’n maksimum van 27 °C voorspel en ’n suidoostewind van 20 km/h.

In Oudtshoorn kan die kwik tot 39 °C styg, met 38 °C in Beaufort-Wes.

Clanwilliam en Worcester kan ook ’n maksimum van 35 °C verwag.

Temperature bo 30 °C word verwag in Ceres (33 °C), Riversdal (32 °C) en die Paarl (31 °C).

’n Maksimum van 30 °C word ook vir Vredendal, Langebaan en Redelinghuys voorspel.

In Malmesbury word ’n maksimum van 29 °C verwag, met 24 °C in Hermanus en 26 °C in Grabouw.

In Mosselbaai word ’n maksimum van 27 °C verwag en 25 °C in Kaap Agulhas en Plettenbergbaai.

Meer oor:  Feestyd  |  Weervoorspelling  |  Weer  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.