Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Warm Kersdag verwag met buie in noordooste, oostelike dele
Strandgangers geniet ’n sonnige dag op Kampsbaaistrand in Kaapstad. Dié foto is Woensdag op Versoeningsdag geneem, Foto: Jaco Marais

Warm weer word op Kersdag oor die grootste deel van die land verwag, terwyl buie die middag en aand in die noordooste en oostelike dele kan voorkom.

Vir meeste van Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat word sonnige weer voorspel, met temperature wat oor groot dele bo 30 °C kan styg.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag sonnige tot gedeeltelik bewolkte weer Vrydagoggend in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal.

Teen die middag en aand kan buie en donderbuie uitsak.

Tokelo Chiloane, weervoorspeller, het Sondag gesê dit lyk sover asof normale somerweer oor meeste van die land verwag word, met die gewone namiddag buie en donderbuie in die ooste en noordooste

“Met dié weer sal mense hul Kersfees kan gaan geniet.”

Vir Pretoria word ’n maksimum van 30 °C voorspel en 28 °C vir Johannesburg.

Vir Polokwane en Mahikeng word ’n maksimum van 29 °C voorspel en vir Mbombela ’n maksimum van 25 °C.

In Kimberley kan die kwik tot 35 °C styg en in Bloemfontein tot 32 °C.

Koeler weer word langs die kus verwag, met ’n maksimum van 24 °C in Kaapstad en 25 °C in George.

In die Oos-Kaap word ligte reën die oggend in die oostelike dele verwag, met buie teen die aand.

Vir Port Elizabeth en Oos-Londen word ’n maksimum van 24 °C voorspel.

In Durban word ’n maksimum van 24 °C verwag en in Pietermaritzburg ’n maksimum van 26 °C.

Meer oor:  Feestyd  |  Weervoorspelling  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.