Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wat ’n liefdes-oes ná 12de ‘Boer’!

Die 12de seisoen van kykNET se realiteitsreeks Boer soek ’n vrou het ’n uitstekende oes opgelewer.

Anchen van Rensburg (27) en Gerrit Genis (31) is smoorverlief. Anchen het ingeskryf vir die 12de reeks van Boer soek ’n vrou deur ’n brief vir boer Graham te skryf, wat haar toe huis toe gestuur het. Gelukkig vir albei, want toe het haar pad met Gerrit s’n gekruis. Hy het ook deelgeneem aan die program, maar was nie een van die topvyf-boere nie.

Uit die topvyf-boere wat deelgeneem het, het drie boere liefde gevind en boonop het nog vier van die ander vyf boere ook intussen ’n maat gekry. Volgens Wilmer Müller, wat die publisiteit van die reeks hanteer, is dit een van die suksesvolste seisoene wat nog uitgesaai is. Sedert die begin van Boer soek ’n vrou in 2007 was daar al 17 troues.

En te oordeel aan hoe die vonke gespat het in Donderdagaand se episode, gaan daar spoedig nóg ’n paar trouklokke lui . . .

Gerrit Genis (31), ’n sitrusboer van Citrusdal in die Wes-Kaap, is een van die boere wat nie die topvyf gehaal het nie, maar toe tog sy droomvrou danksy die reeks gevind het.

Anchen van Rensburg (27), ’n gr. 1-onderwyseres van Bredasdorp in die Wes-Kaap, het eintlik vir Graham geskryf, maar hy het haar ná hul blits-afspraak huis toe gestuur.

“Ek en Gerrit het toe op Facebook vriende geraak en mekaar ook op Instagram begin volg,” vertel Anchen. Hulle het albei Desember in die Oos-Kaap vakansie gehou en toe ’n afspraak gemaak om mekaar te ontmoet. Anchen sê sy was so op haar senuwees dat sy die vorige nag niks geslaap het nie. “Toe ek hom sien, het ons ’n gin & tonic gedrink en ek het gevra of hy gaan omgee as ek dit down, want ek was so op my senuwees,” skerts sy.

“Toe ek dit hoor, het ek geweet sy is die vrou vir my en die koeël is deur die kerk,” sê Gerrit.

Anchen hou nog in Bredasdorp skool, maar hulle soek nou vir haar werk nader aan Gerrit se plaas.

Brandon Hartley (32), ’n skaap-en-beesboer van Stutterheim in die Oos-Kaap, het ook intussen vir hom ’n onderwyseres nader gehark en is nou al vyf maande in ’n verhouding met Llani Pallozzi (24) van Pretoria. “Sy het my op televisie gesien en ons het toe vriende geraak op sosiale media en begin gesels. Ons was toevallig albei op dieselfde tyd in Londen en het daar saam gekuier. En ja, ons het nog nooit opgehou gesels nie,” sê hy.

Leah van Niekerk, aanbieder van die 12de reeks, het Donderdagaand aangekondig dat sy nie die nuwe reeks vanjaar sal aanbied nie. Müller sê die nuwe aanbieder sal teen Februarie aangekondig word, kort voordat inskrywings vir die 13de seisoen open.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.