Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Watertoevoer na Jhb gesny vanweë herstelwerk

Johannesburg Water waarsku inwoners van die Goudstad en omliggende dele om voorsiening te maak vir wanneer Rand Water die watertoevoer volgende week vir 54 uur gaan afsny.

Luidens ’n verklaring van Johannesburg Water is die onderbreking van die watertoevoer vanaf Rand Water, wat die grootste verskaffer van water aan verskeie dele in Gauteng is, nodig vir herstelwerk.

Nico de Jager, raadslid vir omgewing en infrastruktuur, sê die watertoevoer sal op 24 Junie toegedraai word en dit sal waterverskaffing 54 uur lank beïnvloed.

Daar moet ’n vleuelklep van 2 500 mm geïnstalleer word van Lethabo na die Vereeniging-waterpompstasie.

Dit gaan veroorsaak dat minder water na Johannesburg gepomp kan word en al die reservoirs sal geraak word.

“Dit beteken nie dat daar 54 uur geen water gaan wees nie, maar weens die lang ure wat nodig is vir die herstelwerk, sal sommige gebiede ’n tekort aan water hê of die waterdruk sal laer as gewoonlik wees,” sê De Jager.

Inwoners word gemaan om water spaarsamig te gebruik wanneer die herstelwerk gedoen word om te voorkom dat die krane opdroog.

Die herstelwerk sal ander munisipaliteite in Gauteng ook raak. Benewens Johannesburg sal Emfuleni (Vereeniging), Mogale (Krugersdorp) aan die Johannesburgse Wes-Rand, Metsimaholo (Sasolburg) in die Vrystaat en Rustenburg in Noordwes geraak word.

Enige lekkasies kan by Johannesburg Water se oproepsentrum by 011 375 5555 aangemeld word.

Die noodnommer wat gebel kan word, is 0860 562 874.

Meer oor:  Johannesburg  |  Johannesburg Water  |  Watertoevoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.