Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Watson: DA sê polisie moet moontlike vuilspel ondersoek

Die DA sê die polisie moet die omstandighede van die ongeluk waarin die omstrede Gavin Watson, grootbaas van die eertydse Bosasa, dood is, behoorlik ondersoek.

Gavin WatsonFoto: Argief
Solly MalatsiFoto: Argief

Watson is Maandagoggend in ’n ongeluk naby die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg dood.

Solly Malatsi, die party se woordvoerder, sê Watson se dood kan ’n deurslaggewende invloed op die werk van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hê.

Malatsi sê hoewel die polisie strafbare manslag ondersoek, is dit belangrik dat hy met ’n omvattende en deursigtige ondersoek moet seker maak dat daar geen vuilspel was nie. Dit is nodig om te verseker dat ander getuies voor die kommissie nie deur die voorval geïntimideer word nie. Dit sal die kommissie ook in staat stel om sy werksaamhede sonder vrees of partydigheid af te handel.

Malatsi sê in die verklaring die getuienis van Angelo Agrizzi, voormalige bestuurshoof van Bosasa, en die onthullings van Mmusi Maimane, DA-leier, oor die “knus en potensieel korrupte verhouding”, dui daarop dat Watson baie gehad het om voor die Zondo-kommissie te sê.

“Ons doen ’n beroep op die polisie om die nasie in sy vertroue te neem wanneer die ondersoek na die omstandighede van die ondersoek afgehandel is.”

Die DA het sy medelye met Watson se familie en geliefdes betuig.

Meer oor:  Bosasa  |  Gavin Watson  |  Sterfgeval  |  Da  |  Motorongeluk  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.