Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Watter kleur is dié plakkies?
Die #Dressgate rok. Foto: swiked.tumblr.com

Onthou jy nog “die rok”? Die een waaroor niemand kon saamstem nie?

Is dit blou en swart of is dit goud en wit?

Hierdie debat herhaal hom nou weer.

BuzzFeed het Sondagaand ’n herrie in die sosiale media ontketen nadat hy ’n twiet van plakkies van ene Arthur (@positivedemi) gedeel het.

Arthur het ’n foto van ’n paar Havaianas-plakkies gedeel met die eenvoudige vraag: Watter kleur sien jy?

Binne enkele ure het bykans 12 000 mense die twiet gesien.

BuzzFeed het die storie opgetel en nou is die hele wêreld aan die stry oor die kleur van ’n paar plakkies.

So... watter kleur sien jy?

Meer oor:  Swart  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.