Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wayde en Audi wil SA inspireer
Wayde van Niekerk as deel van Audi Suid-Afrika se #Lane8-veldtog.

Die Olimpiese en wêreldrekordhouer in die 400 m, Wayde van Niekerk, pak saam met Audi ’n nuwe projek aan waarmee hulle mense ondanks swaar tye tot welslae wil aanspoor.

Van Niekerk het die teleurstelling beleef dat hy ná sy hoogtepunt in 2016 toe van 2017 vir twee seisoene weens ’n besering nie aan atletiek kon deelneem nie.

Hy tree sedert 2016 as “ambassadeur” van die motormaatskappy Audi op. Met die nuwe #Lane8-veldtog wil die wêreldkampioen en Audi mense inspireer.

Van Niekerk was in 2016 in Rio de Janeiro die eerste atleet wat op die Olimpiese Spele die 400 m vanuit die agtste baan kon wen. Hy het ook Michael Johnson se wêreldrekord oortref wat vir 17 jaar gestaan het.

Van Niekerk, van Bloemfontein, wil sy eie belewenis aanwend om Suid-Afrikaners te inspireer om ongeag terugslae na sukses te streef en nie in hulself te twyfel nie.

Van Niekerk sê enigeen kan die vrugte van harde werk pluk. “Jou sukses hang nie van jou agtergrond of jou huidige omstandighede af nie.”

Tarryn Knight, bemarkingshoof van Audi Suid-Afrika, sê Van Niekerk weerspieël die maatskappy se “vorsprung”-waardes.

Wayde van Niekerk as deel van Audi Suid-Afrika se #Lane8-veldtog.

“Hy is die toonbeeld van uitstekende prestasie, moed, deursettingsvermoë en groei. Wayde het nooit toegelaat dat die talle uitdagings op sy pad hom terughou nie.”

Die #Lane8-veldtog is gerig daarop om Suid-Afrikaners te wys hulle kan ondanks struikelblokke met ’n goeie gesindheid en deursettingsvermoë enigiets vermag.

Knight sê weens die Covid-19-pandemie en die verwoestende effek daarvan is dit nodig om landsburgers te bemoedig en te herinner aan waartoe hulle in staat is.

Volgens Van Niekerk lei ’n vreeslose optimistiese gesindheid daartoe dat niks of niemand in die pad van ’n mens en sy doelwitte staan nie. “Ons word nie gedefinieer deur ons uitdagings nie, maar eerder deur die wyse waarop ons die uitdagings oorkom en wat ons ondanks dit doen om te wen.”

  • Die #Lane8-veldtog word Vrydag om 20:00 op Audi se webtuiste bekend gestel.
Meer oor:  Wayde Van Niekerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.