Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wayne Rooney weer in die sop
Wayne Rooney op 15 Desember verlede jaar by ’n motorwedren in Ad Diriyah,Saoedi-Arabië.Foto: Getty Images

Die Engelse sokkerspeler Wayne Rooney is voor Kersfees in Amerika aangekla dat hy dronk in die openbaar was en gevloek het, berig SkyNews.

Rooney, oudkaptein van die Engelse sokkerspan, speel nou in Amerika sokker.

Volgens hofrekords is hy op 16 Desember in Washington aangekla.

Volgens die Mirror is hy by die Metropolitan-lughawe in Washington in hegtenis geneem en toe op borgtog vrygelaat.

Hy sou op Oujaarsdag in die hof verskyn, maar het ’n boete betaal en die hofverskyning vrygespring.

Rooney was voorheen in die nuus omdat hy sy vrou, Colleen, verneuk het.

In September 2017 is hy aangekeer toe hy onder die invloed van alkohol ’n voertuig bestuur het. Hy is toe verbied om twee jaar lank te bestuur.


Meer oor:  Wayne Rooney  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.