Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor swaar reënval Dinsdag wat na oorstromings op plekke kan lei oor Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal.

Erge storms is ook waarskynlik oor die verre oostelike dele van die Noord-Kaap, sentrale Vrystaat en Noordwes.

Gauteng

Bewolk en koel met wydverspreide buie en donderbuie.

* Pretoria: 16 °C tot 18 °C

* Johannesburg: 13 °C tot 17 °C

* Vereeniging: 14 °C tot 19 °C

Mpumalanga

Miskolle die oggend langs die platorand, andersins bewolk en koud tot koel met verspreide buie en donderbuie.

* Mbombela: 16 °C tot 18 °C

Limpopo

Bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie.

* Polokwane: 16 °C tot 20 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie, maar bewolk in die ooste.

* Mahikeng: 16 °C tot 25 °C

* Vryburg: 16 °C tot 25 °C

Vrystaat

Warm in die verre weste, andersins deels bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie, maar wydverspreid in die ooste waar dit koud sal raak.

* Bloemfontein: 15 °C tot 21 °C

Noord-Kaap

Baie warm in die verre weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie in die noorde en ooste, maar verspreid in die verre ooste. Koel langs die kus met miskolle die oggend en ’n ligte noordwestewind wat ’n matige suidwestewind in die middag kan raak.

* Kimberley: 17 °C tot 26 °C

* Upington: 20 °C tot 29 °C

Wes-Kaap

Miskolle langs die weskus andersins mooiweer en warm, maar baie warm op plekke oor die suidwestelike binneland. Deels bewolk oor die oostelike dele en aan die suidkus. Matige noordewind langs die weskus aanvanklik, andersins fris tot sterk oostelike tot suidoostewind.

* Kaapstad: 18 °C tot 29 °C

* George: 13 °C tot 27 °C

Oos-Kaap

Bewolk en koel in die westelike helfte van die provinsie met buie in die noorde wat ooswaarts versprei. Ligte ren langs die kus oos van Kaap St. Francis van laatmiddag af. Fris tot sterk oostewind elders aan die kus.

Bewolk en koel in die oostelike helfte met buie en donderbuie by tye. Fris tot sterk oostewind langs die kus.

* Port Elizabeth: 16 °C tot 23 °C

* Oos-Londen: 17 °C tot 21 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk en koel, maar koud op plekke oor die binneland met verspreide buie en donderbuie, maar wydverspreid oor die noordelike dele. Matige suidoostewind langs die kus noord van Richardsbaai, andersins matige noordoostewind.

* Durban: 18 °C tot 22 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 22 °C

* Pietermaritzburg: 14 °C tot 18 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.