Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) verwag Donderdagmiddag hewige donderbuie in die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal.

Gauteng

Bewolk en koel met enkele buie en donderbuie in die oggend, maar verspreide buie in die suide.

* Pretoria: 15 °C tot 24 °C

* Johannesburg: 13 °C tot 22 °C

* Vereeniging: 11 °C tot 23 °C

Mpumalanga

Miskolle langs die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie.

* Mbombela: 16 °C tot 25 °C

Limpopo

Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle langs die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie in die suide en suidweste.

* Polokwane: 12 °C tot 27 °C

Noordwes

Koel in die sentrale dele, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Dit sal later mooiweer wees in die westelike dele. Enkele donderbuie word in die oostelike dele verwag.

* Mahikeng: 14 °C tot 25 °C

* Vryburg: 11 °C tot 24 °C

Vrystaat

Oggendmiskolle, andersins mooiweer en koel, maar gedeeltelik bewolk in die ooste. Enkele donderbuie word later in die oostelike dele verwag.

* Bloemfontein: 8 °C tot 21 °C

Noord-Kaap

Mooiweer en warm, maar koel langs die kus en in die suidoostelike dele.

Die wind langs die kus sal lig tot matig, suid tot suidwes waai.

* Kimberley: 8 °C tot 25 °C

* Upington: 14 °C tot 29 °C

Wes-Kaap

Bewolk en mistig langs die suidkus maar gedeeltelik bewolk in die namiddag. Dit sal andersins mooiweer en warm wees, maar koel langs die suidkus en in die oostelike dele van die Karoo.

Die wind langs die kus sal lig tot matig, aanvanklik suidoos tot oos waai.

* Kaapstad: 16 °C tot 25 °C

* George: 14 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk wees met mis en ligte reën in die suide. Andersins mooiweer en koel.

Die wind langs die kus sal lig tot matig suidwes waai.

* Port Elizabeth: 16 °C tot 23 °C

* Oos-Londen: 16 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en warm, maar koel in die suide met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die noorde.

Die wind langs die kus sal matig tot taamlik sterk noordoos in die noorde waai. Andersins suidwes en sal na verwagting teen laatmiddag tot die noorde uitbrei.

* Durban: 18 °C tot 24 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 28 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 24 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.