Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Maandag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande wat Maandag bevorderlik kan wees vir die verspreiding van veldbrande in Pofadder in die Noord-Kaap en Beaufort-Wes in die Wes-Kaap.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm met enkele buie en donderbuie in die middag.

• Pretoria: 16 °C tot 26 °C

• Johannesburg: 15 °C tot 25 °C

• Vereeniging: 14 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Oggendmis en motreën langs die platorand waar dit koel sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde buie en donderbuie.

• Mbombela: 16 °C tot 24 °C

• Emalahleni: 15 °C tot 25 °C

• Ermelo: 12 °C tot 23 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met geïsoleerde buie en donderbuie, maar buie sal verspreid voorkom in die suidweste.

• Polokwane: 16 °C tot 25 °C

• Thohoyandou: 18 °C tot 26 °C

• Tzaneen: 16 °C tot 25 °C

• Thabazimbi: 18 °C tot 29 °C

Noordwes

Dit sal aanvanklik bewolk wees in die verre ooste, anders matig en warm tot baie warm. Dit word gedeeltelik bewolk in die middag met geïsoleerde donderbuie, wat verspreid sal wees in die ooste.

• Mahikeng: 16 °C tot 28 °C

• Potchefstroom: 15 °C tot 30 °C

• Vryburg: 17 °C tot 33 °C

• Rustenburg: 16 °C tot 27 °C

• Taung: 18 °C tot 33 °C

Vrystaat

Aanvanklik bewolk en koel, anders word dit matig tot warm. Dit sal in die middag gedeeltelik bewolk wees met geïsoleerde buie en donderbuie in die verre ooste.

• Bloemfontein: 13 °C tot 31 °C

• Welkom: 16 °C tot 29 °C

• Bethlehem: 11 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk langs die kus en die aangrensende binneland, andersins sonnig en koel tot warm, maar gedeeltelik bewolk en baie warm in die noorde.

Die wind langs die kus waai die oggend lig tot matig noordwes, andersins taamlik sterk tot sterk suid tot suidwes.

• Kimberley: 16 °C tot 35 °C

• Upington: 19 °C tot 35 °C

• Alexanderbaai: 14 °C tot 21 °C

Wes-Kaap

Dit sal in die oggend gedeeltelik bewolk tot bewolk wees oor die binneland en die suidkus, andersins matig en warm tot baie warm maar koel langs die kusdorpe.

Die wind langs die kus sal matig tot vars suid tot suidoostelik wees, maar sal in die oggend lig tot matig westelik tot suidwestelik langs die suidkus wees. Die wind sal teen die aand sterk word langs die weskus.

• Kaapstad: 14 °C tot 21 °C

• George: 13 °C tot 21 °C

• Beaufort-Wes: 13 °C tot 32 °C

• Vredendal: 12 °C tot 26 °C

Oos-Kaap

In die weste is dit matig en warm tot baie warm, maar dit sal koel wees langs die kus. In die middag word dit bewolk langs die kus en aangrensende binneland. Die wind langs die kus sal matig tot vars suidwestelik wees.

In die ooste sal dit aanvanklik bewolk wees op plekke, andersins matig en warm, maar baie warm in die noordweste. In die middag is dit bewolk met geïsoleerde

donderbuie in die ooste.

Die wind langs die kus sal lig tot matig noordoos word en word matig tot vars suidwestelik in die middag.

• Port Elizabeth: 13 °C tot 23 °C

• Oos-Londen: 15 °C tot 26 °C

• Queenstown: 12 °C tot 33 °C

• Graaff-Reinet: 10 °C tot 34 °C

KwaZulu-Natal

Daar is oggendmiskolle oor die binneland, andersins is dit gedeeltelik bewolk en warm maar baie warm in die noorde. Enkele buie en donderbuie word in die middag verwag. Die wind langs die kus sal matig tot vars noordoos wees.

• Durban: 18 °C tot 26 °C

• Richardsbaai: 18 °C tot 32 °C

• Pietermaritzburg: 15 °C tot 30 °C

• Newcastle: 14 °C tot 30 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.