Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwings uitgereik vir Saterdag nie.

Gauteng

Bewolk in die oggend met verspreide buie en donderbuie. In die middag word dit gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie.

* Pretoria: 18 °C tot 28 °C

* Johannesburg: 16 °C tot 26 °C

* Vereeniging: 17 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie, maar baie warm in die Laeveld.

* Mbombela: 21 °C tot 31 °C

* Standerton: 16 °C tot 25 °C

* Ermelo: 17 °C tot 27 °C

Limpopo

In die oggend is dit bewolk met geïsoleerde buie in die noordooste. In die middag word dit gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie in die weste wat in die aand na die ooste versprei.

* Polokwane: 19 °C tot 28 °C

* Mokopane: 21 °C tot 33 °C

* Tzaneen: 21 °C tot 32 °C

Noordwes

Bewolk in die oggend met enkele buie en donderbuie. In die middag word dit gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in die noordooste.

* Mahikeng: 18 °C tot 28 °C

* Vryburg: 20 °C tot 31 °C

* Rustenburg: 20 °C tot 31 °C

Vrystaat

In die oggend sal dit plek-plek bewolk wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde buie en donderbuie in die ooste.

* Bloemfontein: 16 °C tot 24 °C

* Kroonstad: 18 °C tot 25 °C

* Sasolburg: 19 °C tot 28 °C

Noord-Kaap

In die oggend is dit bewolk in die weste waarna dit gedeeltelik bewolk sal word, andersins matig en warm tot baie warm, maar koel langs die kus waar mis in die aand verwag kan word.

* Kimberley: 17 °C tot 30 °C

* Upington: 18 °C tot 31 °C

* Springbok: 12 °C tot 25 °C

Wes-Kaap

Dit sal bewolk wees in die weste in die oggend met ligte oggendreën langs die suid-weskus en aangrensende binneland, andersins gedeeltelik bewolk en

warm.

* Kaapstad: 17 °C tot 24 °C

* George: 16 °C tot 24 °C

* Worcester: 17 °C tot 28 °C

Oos-Kaap

In die westelike gedeelte van die Oos-Kaap is dit

plek-plek bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm. In die oostelike gedeelte sal dit bewolk wees suid van die platorand, andersins is dit gedeeltelik bewolk en koel tot warm met ligte buie.

* Port Elizabeth: 20 °C tot 25 °C

* Oos-Londen: 21 °C tot 24 °C

* Graaff-Reinet: 19 °C tot 30 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die noorde.

* Durban: 23 °C tot 26 °C

* Richardsbaai: 23 °C tot 34 °C

* Pietermaritzburg: 19 °C tot 25 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.