Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weer in jou streek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Vrydag oor sowel die noordwestelike en noordelike dele van die Noord-Kaap as die noordwestelike dele van Noordwes.

Swaar reën wat tot oorstromings kan lei, word ook verwag oor die oostelike dele van KwaZulu-Natal.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

* Pretoria: 13 °C tot 30 °C

* Johannesburg: 14 °C tot 29 °C

* Vereeniging: 12 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Warm op plekke in die Laeveld, andersins gedeeltelik bewolk en koel met enkele buie en donderbuie.

* Mbombela: 17 °C tot 24 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die suidooste.

* Polokwane: 14 °C tot 27 °C

Noordwes

Mooiweer en warm tot baie warm, maar gedeeltelik bewolk in die verre noordooste in die middag.

* Mahikeng: 17 °C tot 31 °C

* Vryburg: 14 °C tot 32 °C

Vrystaat

Sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk in die ooste met enkele donderbuie in die verre ooste, waar dit koel gaan wees.

* Bloemfontein: 12 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Mis die oggend en aand langs die kus, waar dit koel sal wees, andersins mooiweer en warm tot baie warm. Fris tot sterk suidelike tot suidoostewind aan die kus.

* Kimberley: 13 °C tot 32 °C

* Upington: 16 °C tot 35 °C

Wes-Kaap

Bewolk aan die suidkus en omliggende binneland in die oggend, wat gedeeltelik bewolk en koel raak, andersins sonnig en warm tot baie warm oor die Weskus-distrik. Bewolk langs die suidkus van die aand af met reën oornag. Ligte tot matige suidoostewind aan die suidkus wat fris raak in die middag, andersins sterk suidelike tot suidoostewind.

* Kaapstad: 18 °C tot 25 °C

* George: 15 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk in die westelike helfte van die provinsie en koel met buie langs die kus in die aand. Mis word die aand verwag oor die binneland, suid van die platorand. Ligte suidewind aan die kus wat ’n matige suidoostewind raak.

Bewolk en koel in die oostelike helfte met buie die oggend op plekke suid van die platorand, wat van die weste af opklaar deur die dag. Mis word die aand verwag oor die binneland suid van die platorand. Matige oostewind aan die kus.

weer
Weerstoestande vandeesweek in Groenpunt, Kaapstad. Foto: Thinus Dippenaar

* Port Elizabeth: 16 °C tot 24 °C

* Oos-Londen: 17 °C tot 24 °C

KwaZulu -Natal

Warm in die noordooste, andersins bewolk en koel met verspreide tot wydverspreide buie en donderbuie. Ligte tot matige westelike tot noordwestewind langs die kus noord van Richardsbaai in die oggend, andersins matige tot fris suidelike tot suidwestewind.

* Durban: 17 °C tot 23 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 24 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 22 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.