Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weerhaan: Nog gans te vroeg om te kla oor die weer

Met helder lug en warmer dae kry ons hierdie naweek ’n bietjie van ’n blaaskans van die winterweer, maar dit bly koud in die nag.

Hulle sê mos geen nuus is goeie nuus, maar ons het ons nog ’n ent om te gaan voordat ons die reg het om te kla oor hoe die “slegte weer” en reën ons naweek bederf het.

Steve Pike
Steve Pike

Die damvlakke het deur die 60%-kerf gebreek, ja, maar ons het ’n tydjie van droogte tot volgende week, dus het ons nog nie verdien om te kan kla nie.

’n Swak front moet Dinsdagaand aanmeld, maar die kanse op reën lyk maar power.

Trouens, ál die voorspelde reën vir die volgende tien dae in die damme se opvanggebiede is maar ’n droewige 0,3 mm.

Soos ek al voorheen hier geskryf het, neig globale voorspellingsmodelle egter om reënval in bergagtige gebiede te onder-voorspel. Nogtans lyk die voorspelling nie rooskleurig nie.

Maar ten minste kan jy ’n aktiewe en prettige naweek in sonnige weer en helder lug hê ná ’n swak kouefront en ligte reënbuie gisteraand oor die Suidwes-Kaap beweeg het.

Ten spyte van die helder lug en sonskyn gaan dit koud wees vandag, met ligte tot matige oostelike na suidoostelike briesies tussen Kaappunt en Port Elizabeth, kalm of ligte oostewinde in die binneland, en ’n ligte tot matige suidooster langs die Weskus.

Verwag dat môre koud gaan begin. Dit word egter mooi warm, hoewel dit mos ’n relatiewe term in die winter is.

Die voorspelling is 18 °C, maar verwag ’n bietjie meer as jy op die strand in jou baaibroek is. Omtrent al die voorspellingsmodelle voorspel kalm weer, met net ’n effense suidooster langs die kus.

Sondagoggend verander die wind van rigting, maar dis nog ’n lekker kalm dag, met net ’n gerug van ligte westelike winde langs die kus, en ongepoetse noordwestelike winde verder oos en in die binneland.

Hierdie bergwindweer laat die kwik so hoog as 27 °C styg in die Klein Karoo, veral na Port Elizabeth se kant toe en die binneland van Knysna na Port Elizabeth. Vir die Suidwes-Kaap word 18 °C voorspel.

Gepraat van geen nuus vs. slegte nuus: Die slegte nuus Woensdag was van ’n jong grootwithaai wat ’n branderplankryer by die mond van die Kowierivier by Port Alfred gehap het. Gelukkig is sy are gemis toe sy bobeen en bene gebyt is en daar word verwag dat hy ten volle sal herstel.

Ek het 30 jaar gelede my eerste haai gesien toe ons op dieselfde plek branderplank gery het. Vissermanne daar het kort tevore ’n groot skeurtandhaai uitgetrek, maar dit het ons nie afgesit nie. Die vissermanne het gedink ons is mal.

Ons moet vissermanne meer vertrou – hulle weet dinge.

Só trek die grysjasse

Elke jaar beweeg baie van die Wes-Kaap se grootwithaaie teen die Ooskus om op roofdiere te voed wat op hul beurt op massiewe aasballe van sardientjies voed wanneer die jaarlikse sardientjieloop in volle gang is.

Kaapstad word dan stillerig, met baie min haai-aktiwiteit naby die kus.

In die somer beweeg die haaie nader aan die kus om prooi soos geelstert te jag. Daarom het Kaapstad dan meer haaivoorvalle.

Wel, dit was totdat die ultra-seeroofdier, die moordvis (orka), in groot getalle in die gebied begin nesskop het. Somer is dus ook nou ’n stil haaityd in en om Kaapstad. In elk geval, dit is ’n storie vir ’n ander dag.

Teen die Ooskus is somer ’n stil tyd vir haaivoorvalle, maar die winter is statisties ’n ander storie.

Die probleem is natuurlik dat die winter die beste seisoen is om in die Oos-Kaap branderplank te ry. Die weer en wind is dikwels goed, en die Kaapse storms stuur lekker deinings daai kant toe.

My logika was nog altyd dat prooi volop is, dus hoekom bekommerd wees as jy branderplank ry? Die haaie is mos besig.

Wel, die statistieke dui iets heeltemal anders aan. Die Wildekus, Mosselbaai, Plettenbergbaai, Port Alfred en Jeffreysbaai is van die plekke waar baie haaie gereeld gesien word.

Onthou julle nog die tandem-haaiverrassingsaanval by die Corona JBay Ope-branderrybyeenkoms wat die Australiese branderplankryer Mick Fanning in 2015 vreesbevange gelaat het? 

Dis net één skrikkerige oomblik waar die grysjasse betrokke was.

Meer oor:  Steve Pike  |  Weerhaan  |  Weerberig  |  Koue Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.