Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weerlig slaan roei-afrigter aan oewer van meer dood
Ter illustrasie. Foto: Getty Images

’n Man van 19 jaar is dood en ’n 14-jarige seun is beseer nadat hulle Saterdag deur weerlig getref is.

Hulle het onder ’n boom op die oewer van die Germiston-meer aan die Oos-Rand gesit toe die weerlig hulle slaan.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het donderstorms Saterdagmiddag ’n beplande roeiwedvaart op die meer in die wiele gery.

Die oorledene was ’n roeiafrigter en die seun ’n leerling van ’n skool in Kaapstad, sê Herbst.

Ambulanspersoneel het tevergeefs probeer om die man op die toneel by te bring. Die 14-jarige is in ’n ernstige, maar stabiele toestand na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

’n Geregtelike doodsondersoek is rakende die dood van die 19-jarige geopen.

Nog donderstorms word vir Sondag voorspel.

Meer oor:  Germiston  |  Weerlig  |  Donderstorms  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.