Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermag bult sy spiere in Kaapstad

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in die strate, see en lug in en om Kaapstad, en hy nooi almal om saam te kom kyk en kuier.

Die duikboot SAS Manthatisi vasgemeer in die hawe by die V&A Waterfront. Besoekers kan Saterdag en Sondag tussen 10:00 en 14:00 die duikboot besoek. Foto: Adrian de Kock

Diegene wat die SA Vloot se vaartuie bewonder, kan die naweek by die V&A Waterfront die duikboot SAS Manthatisi, twee fregatte, die SAS Amatola en die SAS Spioenkop, en twee ondersteuningskepe, die SAS Drakensberg en die SAS Protea van naderby beskou.

Mense kan op albei dae van 09:00 tot 15:00 die skepe en van 10:00 tot 14:00 die duikboot besoek.

Nog ’n hoogtepunt is die nagskietoefeninge wat by Sunrise-strand in Muizenberg gehou word. Die vooraf oefening is Maandag en die volle oefening is Dinsdagaand. Skietoefeninge sal tussen 19:30 en 21:00 wees. Dié oefening gaan gepaard met die groot lawaai van die skietery en laag vlieënde vliegtuie. Inwoners van die omgewing moet spesiale aandag daaraan gee om hul troeteldiere te versorg. Toegang is gratis en duisende mense word op die strand verwag. Wees vroeg daar om ’n goeie plek te kry.

Op 21 Februarie is die hoogtepunt met die viering van die Dag van die Gewapende Magte. ’n Militêre parade word tussen 10:30 en 13:00 gehou en ’n militêre oefening van 13:00 by die Table View-strand.

Dit is ook die herdenking van die SS Mendi wat op 21 Februarie 1917 gesink het, waarin meer as 600 Suid-Afrikaanse soldate dood is.

Voertuie van die Kimberley-regiment het vroeër die week by Beaufort-Wes uitgespan onderweg na Kaapstad vir die oefening. Foto: Facebook/Kapt. Oarabile Modia/SANW

’n Groot uitstalling van militêre toerusting is van Saterdag tot Dinsdag van 08:00 tot 18:00 by die Mandelapark-sportstadion in Khayelitsha te sien.

Kry hier meer inligting oor al die gebeure.

Meer oor:  Sanw  |  Kaapstad  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.