Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermag-helikopter stort neer in Centurion, 2 kritiek

Twee mense is in ’n kritieke toestand nadat die weermaghelikopter waarin hulle was, Donderdag omstreeks 14:00 in Centurion neergestort het.

Dit was op die hoek van die R101-pad en Saxby-laan naby die Zwartkop-gholflandgoed.

Die twee beseerdes is op die ongelukstoneel deur paramedici gestabiliseer voordat hul na die Netcare Unitas-hospitaal geneem is, sê Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste

“Albei het veelvuldige beserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand.

“Dit is onduidelik wat die oorsaak van die ongeluk was,” sê Mabaso.

Motoriste word aangeraai om dié omgewing te vermy.

Die ongelukstoneel in Centurion waar ’n weermaghelikopter die Agusta A-109E LUH Donderdagmiddag neergestort het. Foto: Best Care
Meer oor:  Centurion  |  Neergestort  |  Kritieke Toestand  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.