Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermag help Noordwes-hospitale in staking
Die Potchefstroom-hospitaal is een van die Noordwes se provinsiale hospitale. Foto: SUSAN CILLIERS

Die weermag se gesondheidsdienste is op pad na Noordwes om provinsiale hospitale te help terwyl mediese personeel staak.

“Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sal in Noordwes inbeweeg om plaaslike gemeenskappe te help met noodsaaklike mediese sorg ná die arbeidstaking in dié provinsie,” het brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, Vrydag gesê.

Volgens Mgobozi is dit nog nie duidelik watter en hoeveel hospitale die weermag se hulp nodig het nie.

“Ons sal Saterdag in die provinsie inbeweeg en kyk waar dienste die meeste benodig word. Ons sal dan besluit watter hospitale gehelp gaan word,” sê hy.

Mgobozi sê dokters van die SANW sal seker maak dat burgers wat deur die staking geraak word, die sorg ontvang wat hulle benodig.

“Dit word gedoen in die wete dat lewens ten alle koste beskerm moet word.”

Meer oor:  Hospitale  |  Noordwes  |  Staking  |  Gesondheidsdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.