Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermag se Kwêvoël sit vas op strand

’n Pantservoertuig van die weermag het Dinsdagaand by Sunrise-strand in Muizenberg vasgeval, het brig.genl. Mafi Mgobozi Woensdag gesê.

’n G6-kanon sleep ’n Samil 100 Kwêvoël-pantservoertuig uit die sand op Sunrise-strand by Muizenberg. Foto: Verskaf

Hy sê die Samil 100 Kwêvoël-pantservoertuig was deel van ’n konvooi weermagvoertuie wat Dinsdagaand aan ’n nagskietoefening in Muizenberg deelgeneem het.

Hoewel die voertuig vasgeval het, beskou die weermag dit as deel van ’n militêre oefening.

“Die voertuig het vasgeval, ja. En ’n ander pantservoertuig, ’n G6-kanon, het dit uitgesleep. Nou weet ons ons sal ’n voertuig kan uitsleep sou dit buite ’n militêre oefening met een van ons voertuie gebeur.”

Die oefening was deel van die viering van die Dag van die Gewapende Magte wat op 21 Februarie gehou word.

’n Militêre parade word tussen 10:30 en 13:00 gehou met ’n militêre oefening van 13:00 af op die Table View-strand.

Dit is ook ’n herdenking van die SS Mendi wat op 21 Februarie 1917 gesink het. Meer as 600 Suid-Afrikaanse soldate het toe omgekom.

’n Samil 100 Kwêvoel-pantservoertuig word uitgesleep nadat dit in die sand op Sunrise-strand, Muizenberg, vasgeval het.Foto: Verskaf

Meer oor:  Muizenberg  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.