Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermag toon staal op Kaapse strande

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) vier al die afgelope paar dae Nasionale Weermagdag in die Kaap, waar die weermag se kanonne, duikbote en tenks ’n draai in en om die stad maak.

Die vierings word gehou “om die dapper seuns en dogters van ons land te vereer wat hul lewe verloor het toe die SS Mendi in 1917 gesink het”, sê brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, in ’n verklaring.

Twee olifant tenks, twee kanonne, 'n vragmotor en 'n Bateleur-vuurpyllanseerder. Foto: Jaco Marais

“Die weermag sal ook sy militêre mag en splinternuwe tegnologie om territoriale integriteit en die grense van die republiek te verdedig ten toon stel,” sê Mgobozi.

Tenks en soldate was Maandag laatmiddag op Sunrise Beach in Muizenberg om skote af te vuur wat die naghemel verhelder het.

Die vieringe word Donderdag afgesluit met ’n parade op Sunset Beach in Bloubergstrand.

Helder-oranje ‘chaff flares’ wat uit ‘n helikopter geskiet is. Dit is ’n verdedigingsmeganisme om grond-tot-lug-missiele te verwar. ’n Ratel pantservoertuig staan op die strand. Foto: Jaco Marais
’n Nagskietdemonstrasie van die SANW as deel van die Weermagdag-feesvieringe. Foto: Jaco Marais
Soldate by ‘n Ratel van 8 SAI (8 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon). Foto: Jaco Marais
Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag staan bo-op 'n Bevel-ratel tydens die vuurkragdemonstrasie. Foto: Jaco Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.