Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermag tree op nadat pantservoertuig ‘wasgoedlyn’ word

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Donderdag bevestig dat hy interne stappe gaan doen teen lede wat wasgoed teen ’n pantservoertuig op ’n militêre basis in Kaapstad opgehang het.

’n Lyn met wasgoed wat aan die loop van ’n pantservoertuig gehang is op ’n militêre basis in Kaapstad.Foto: Verskaf
Een van die foto’s van wasgoed wat aan die loop van ’n Eland 90 vasgemaak is, wat Maandag op sosiale media gedeel is.Foto: Verskaf

Foto’s van die klere wat aan ’n lyn hang wat aan ’n Eland 90-pantservoertuig se loop vasgebind is, is Maandag op sosiale media gedeel.

Die SANW het by navraag aangedui dat hy eers Woensdag daarvan bewus geraak het toe die media die foto’s aan hom verskaf het, “omdat dit nie ’n operasionele kwessie is nie”.

“Ons het vasgestel dit het by die Cape Town Highlanders-regiment in Goodwood gebeur, waar ou en nie-operasionele museumvoertuie geparkeer is. Die SANW wil benadruk dit is nie ’n normale praktyk in die weermag nie, die betrokke lede is gewaarsku en dit sal met interne prosesse gehanteer word.”

Die skrywer Tobie Wiese het Maandagoggend die foto’s van “Wasdag in vredestyd” op sy Facebook-blad gedeel. “Het die ou SAW die komedie voorsien deur hulle Noddy Cars te noem?” lui sy inskrywing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.