Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermagbase na Mosambiek oor skietery op grens

’n Hoëvlak-afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is op pad na Mosambiek om met hul eweknieë in dié land te praat oor ’n skietvoorval verlede Sondag tussen Suid-Afrikaanse soldate en Mosambiekse grenspolisielede by Ndumo in KwaZulu-Natal.

Twee lede van die Mosambiekse grenspolisie is doodgeskiet.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, het aan News24 gesê nadat ’n voorlopige verslag oor die voorval deur genl. Solly Shoke, weermaghoof, ontvang is, is die besluit geneem dat senior lede met hul eweknieë in Mosambiek moet gaan vergader.

Die groep is Woensdag na Mosambiek.

Die verslag is saamgestel deur ’n span wat volgens Mgobozi dadelik nadat die voorval aangemeld is, na KwaZulu-Natal gestuur is.

Hoewel daar min besonderhede oor die voorval bekend is, het die media in Mosambiek berig dat twee plaaslike grenspolisielede dood is.

Soos vroeër berig, het die weermag in ’n verklaring gesê dat die Suid-Afrikaanse soldate besig was met ’n roetine-patrollie as deel van hul pligte om die grens te beveilig toe die voorval plaasgevind het en dat geen Suid-Afrikaner beseer of dood is nie.

Die weermag het ook nou bevestig die skietery het gebeur in die oop gebied tussen die grensdrade van die twee lande.

LEES OOK: SANW: ‘Grensveiligheid tussen SA, Moz is prioriteit’

Meer oor:  Weermag  |  Sanw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.