Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Weermaghoof gegroet met stapels whisky
Genl. Solly Shoke Foto: Argief

Die oë het gerek oor die stapels peperduur whisky op die afskeidsgeselligheid vir genl. Solly Shoke, wat ’n dekade lank hoof van die weermag was en pas afgetree het.

Só is die whisky op al die tafels vir die afskeid van genl. Solly Shoke in Bloemfontein opgestapel. Foto: Skermgreep

Op YouTube-video’s blyk dit dat afskeidspartytjies landwyd vir hom gehou is nadat hy 65 jaar oud geword het.

Na verneem word, het die Leër-steunbasis in Bloemfontein die afskeidsgeselligheid in dié stad gereël, en duidelik is geen koste ontsien om dié “soldaat met die hoogste rang in Suid-Afrika” te groet nie. Verskeie soorte whisky was in stapels op elke tafel uitgepak.

Volgens ingeligtes is die afskeidsgesellighede in sale en weermagbasisse weens die Covid-19-inperkings regstreeks uitgesaai, terwyl Shoke op parades gegroet is. Net hooggeplaastes soos senior offisiere, bevelvoerders en generaals het dit bygewoon.

Volgens Netwerk24 se bron was Shoke “taamlik gewild” in die weermag.

Die afskeid in Bloemfontein is glo reeds drie weke gelede gehou, maar die video met die uitspattighede het nou uitgelek.

Daar is ook in Kaapstad 'n afskeidsgeselligheid vir Shoke gehou, waar hy glo in Simonstad op ’n boot gevaar het.

In sy toespraak op die afskeidparades het Shoke – in teenstelling met die glans op die afskeidspartytjie – gewaarsku teen die gevare van inkortings van die weermag se begroting en dat dit ’n negatiewe invloed op die land se veiligheid kan hê. Hy het ook gesê die land kan nie sy ekonomie sonder veiligheid laat groei nie.

Shoke was 25 jaar lid van die weermag. Die laaste tien jaar was hy hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

’n Ingeligte sê die whisky in Bloemfontein en elders sou dalk met borggeld van onder meer die Leërstigting en ander borge van die lugmag en vloot betaal gewees het omdat drank nie met weermaggeld gekoop mag word nie.

Die Leërsteunbasis Bloemfontein is herhaaldelik sonder sukses vir kommentaar geskakel.

• Pres. Cyril Ramaphosa het lt.genl. Rudzani Maphwanya vir ’n tydperk van vyf jaar as die nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangestel.

Meer oor:  Solly Shoke  |  Afskeidgeleentheid  |  Weermaghoof  |  Piramides  |  Whisky  |  Spandabelrigheid  |  Weermag  |  Drank  |  Afskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.