Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wees bedag op groot, sterk golwe

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ongewone golwe vir vandag langs die Oos-Kaapse kus.

Volgens die weerkantoor word kleiner golwe wat gevolg word deur groot, baie sterk golwe verwag. Weens die ongewone voorkoms van die kleiner golwe kan die gevaar wat agter die kleiner golwe skuil nie maklik deur hengelaars en ander besoekers aan die strande opgemerk word nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ’n beroep gedoen op mense wat die strande om die een of ander rede besoek om versigtig te wees dat hulle nie onverhoeds deur hierdie verandering in die grootte van die golwe betrap word nie.

“Tydens ’n vinnige blik op die see sal so ’n kragtige, groot golf nie dadelik opgemerk word tussen die kleiner golwe nie, en besoekers aan die kus moet op hul hoede wees vir die vinnige verandering in die patroon,” het ’n woordvoerder van die NSRI gesê.

“Ons is bekommerd dat besoekers aan die strande onverhoeds betrap mag word deur sulke groot, kragtige golwe en van die rotse langs die kuslyn gespoel word.

“Só kan roeiers, bootryers en branderplankryers onaangenaam verras word deur golwe wat baie kragtiger as normaalweg is.”

Die golwe mag dalk kragtig genoeg wees om skade aan te rig aan infrastruktuur aan die kuslyn.

Meer oor:  Groot Golwe  |  Oos-Kaapse Kus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.