Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wees gereed om die naweek te bibber

Ná wydverspreide reënval Donderdag in groot dele van die Vrystaat word koue weerstoestande en sneeuneerslae vir ander dele van die land vir die naweek voorspel.

Intussen het sneeuneerslae reeds Donderdagmiddag by die Tiffindell-ski-oord buite Barkly-Oos in die Oos-Kaap uitgesak.

Sneeuneerslae het reeds Donderdagmiddag by die Tiffindell-ski-oord buite Barkly-Oos in die Oos-Kaap voorgekom. Foto: Snow Report SA

Volgens ’n inskrywing deur Snow Report SA op Facebook is die pad na die oord gesluit.

Sneeuneerslae het ook vroegoggend op die Sani-pas voorgekom.

Michael Nethavhani, weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, sê daar is ’n goeie moontlikheid dat sneeuneerslae ook Vrydag in die noordoostelike deel van die Vrystaat, oostelike dele van die Oos-Kaap en die Drakensberg in Lesotho sal voorkom.

Daarmee saam word minimum temperature van onder vriespunt vir die naweek in die Vrystaat voorspel.

Nethavhani sê die reënval behoort teen Vrydag op te klaar met koue weerstoestande wat vir die res van die Vrystaat voorspel word.

“Hoewel die reën vir eers verby is, is die koue steeds met ons met die kwik wat in sommige dele tot -4 °C sal daal.”

In die Noord-Kaap word wydverspreide donderstorms vir onder meer Kathu, Kuruman en Postmasburg voorspel.

Mooiweerstoestande word vir die res van die naweek vir die Noord-Kaap voorspel.

Meer oor:  Kouefront  |  Weersomstandighede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.