Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Wees soos Jesus en vergewe’

Dit was aardse goed, maar so onnodig.

Ds. Rudi Botha, ’n emeritus predikant van die Hervormde kerk Wesmoot in Booysens, Pretoria, het Sondag die erediens gelei.

Die gemeente moes Sondag noodgedwonge hul erediens onder ’n afdak van die kerk hou ná hul kerkgebou vandeesweek geplunder en verniel is.

Betogings het Donderdag vanuit die Gomorrah- informele nedersetting oorgespoel na Booysens en die kerk is gevandaliseer.

Kerkbanke is verwoes, gekleurde glasvensters is met klippe stukkend gegooi en gordyne afgepluk. Klanktoerusting is ook weggedra.

Veiligheidswagte het Sondag ’n wakende oog oor sake buite die kerk gehou.

Gemeentelede van die Hervormde kerk Wesmoot in Booysens, Pretoria, deel ’n Psalmboek gedurende Sondag se erediens wat onder ‘n afdak gehou moes word. Foto: Isabel Venter

“Ons is kwaad . . . ons sit hier, maar sou eerder daar wou gewees het,” het Botha gesê terwyl hy na die stil kerkgebou agter hom gewys het.

Onder die kerk se afdak het die gemeente op ’n mengelmoes stoele gesit. Gemeentelede het Psalmboekies twee-twee gedeel. Begeleiding is op ’n elektroniese klavier gedoen en ’n mobiele klankstelsel is gebruik sodat almal die preek kon hoor.

Botha het die gemeente herinner aan die les van Jesus se laaste oomblikke aan die kruis uit die boek Lukas 23 vanaf vers 26 tot 38.

“Emosies loop hoog, ons voel verontreg, hartseer as ons die verwoesting in ons kerk sien . . . maar ons kan stil word en hieruit leer,” sê Botha.

Jesus vergewe alles. God verstoot en verdelg nie, Hy vergewe en red.

Dit is belangrik om te onthou, het Botha gesê.

“By die kruis het Jesus ons geleer om te vergewe.”

Gemeentelede dra Sondag stoele uit na die afdak waar die erediens noodgedwonge gehou moes word. Foto: Isabel Venter
Lede van die Hervormde kerk Wesmootgemeente sit Sondag onder ’n afdak, reg vir die erediens. Dié gemeente is nog geskok ná hul kerkgebou Donderdag deur oproerige protesteerders geplunder is. Foto: Isabel Venter
Ds. Rudi Botha (middel), ’n emeritus predikant, het Sondag se erediens gelei by die Hervormde kerk Wesmoot. Foto: Isabel Venter

Hy het ’n beroep gedoen op die gemeente om nie net bloot te vergeet en vergewe nie, maar ook om vry te wees in hul wese sodat hulle kan voortgaan om die Here se werk te doen en steeds uit te reik na ander.

Botha het hier ook verwys na die “hulle” wat die kerk geplunder het.

Meer oor:  Booysens  |  Kerk  |  Godsdiens  |  Betogers  |  Kerkdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.