Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wees versigtig met vuurtjies in Pta
Die brand wat Woensdag uitgebreek het naby Manningstraat in Colbyn. Die vlamme is gou geblus deur brandweermanne van Pretoria. Foto: DEAAN VIVIER
’n Brand in die veld in Colbyn. Foto: DEAAN VIVIER

Pretorianers moet versigtig wees waar hulle ’n vuurtjie maak.

Só het Tshwane-nooddiens Woensdag gewaarsku ná ’n veldbrand in Colbyn (naby Manningstraat).

Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, sê dit is onduidelik wat die brand veroorsaak het.

Die vlamme is vinnig geblus voordat dit na nabygeleë huise in die omgewing kon versprei.

Dit kon brandstigting wees of die warmer temperature wat die provinsie ervaar, sê Mabaso.

Hy het ook genoem dat die brandgevaarseisoen nog nie verby is nie.

“Tot tyd en wyl dit reën, sal brandbeperkings in plek bly en moet mense pasop waar hulle vuur maak,” sê Mabaso.

Kumsa Masizana, ’n weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het bevestig daar is tans geen brandgevare uitgereik vir Gauteng nie.

“Brande ontstaan gewoonlik in baie warm en winderige toestande. Tans ervaar die provinsie net warm, droë weerstoestande,” sê Masizana.

Vir die res van die week sal temperature in Pretoria en die res van die provinsie wissel tussen 30 °C en 33 °C.

’n Brand in die veld wat grens aan Manningstraat in Colbyn, is gou in bedwang gebring deur brandweermanne van Pretoria en het nie versprei na die nabygeleë huis nie. .Foto: DEAAN VIVIER
Meer oor:  Pretoria  |  Brand  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.