Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weldoeners red bejaarde voordat motor begin brand

Twee vreemdelinge het ’n bejaarde man Woensdag in Kaapstad uit ’n voertuig gered voordat die voertuig vlamgevat het.

Ralf G. Will, ’n fotograaf, sê hy het Woensdagoggend omstreeks 11:00 in Rondebosch oor die Liesbeekrivier-brug gery toe hy die brandende voertuig sien.

Die bejaarde man wat uit die voertuig gered is, sit op die sypaadjie terwyl een van sy weldoeners by hom staan. Foto: Ralf G. Will

Hy het ’n bejaarde man alleen en verdwaas op die sypaadjie sien sit.

Hy het stilgehou om uit te vind wat aangaan en gehoor twee vreemdelinge het waarskynlik die man se lewe gered deurdat hulle hom uit die voertuig gehelp het.

Vlamme het die voertuig verswelg. Die brandweer het die brand later kom blus. Foto: Ralf G. Will

Will sê hy was bekommerd daaroor dat die brandende voertuig naby ander voertuie en bome was. “Ek was bang iets anders kon ook aan die brand slaan.”

Hy het met een van die weldoeners gepraat, maar het nie sy naam gevra nie.

Dié het gesê die bejaarde man se voertuig het vermoedelik probleme gegee, waarna hy van die pad afgetrek het.

Rook het uit die voertuig begin borrel en die twee vreemdelinge het ingegryp om hom uit die voertuig te help.

Die brandweer het die brand later kom blus, maar die voertuig het heeltemal uitgebrand.

Pogings om by Theo Layne, woordvoerder van brand-en-reddingsdienste, uit te kom, was onsuksesvol.

Meer oor:  Rondebosch  |  Kaapstad  |  Weldoener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.