Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Welkom: Dubbele tragedie toe egpaar sterf
Goretti en Joe Vieira van Welkom is Dinsdag in ’n dubbele tragedie dood.

’n Bekende Welkomse egpaar, die eienaars van ’n plaaslike supermark, is Dinsdagoggend in ’n dubbele treurspel by hul huis in ’n woonkompleks in Jan Cellierspark dood.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die onnatuurlike sterftes van Joe en Goretti Vieira, mede-eienaars van die Sylvania Superspar.

“ ’n Vrou is dood nadat sy vermoedelik ’n oordosis pille gedrink het en haar man is daarna ook dood in die huis aangetref met ’n skietwond. Daar was ’n vuurwapen langs hom,” sê Thakeng.

’n Buurman van die egpaar sê Joe se gemoedstoestand was die afgelope tyd nie baie goed nie. “Hy het verlede week ’n werker in die kompleks aangerand.”

Dinsdagoggend omstreeks 08:00 het Vieira ’n rusie met ’n ander inwoner gehad en die man glo met die vuis geslaan.

Kort ná dié aanranding is Vieira na sy huis waar hy glo op Goretti se lyk afgekom en die polisie ontbied het.

Die polisie het Vieira buite die huis ondervra, waarna hy by die huis in is en hom vermoedelik self geskiet het.

Die egpaar het twee getroude kinders, Rogerio en Jacqueline, en sewe kleinkinders.

Rogerio is getroud met Lieschen Botes, ’n voormalige model.

Meer oor:  Goretti Vieira  |  Joe Vieira  |  Jan Cellierspark  |  Welkom  |  Dubbele Tragedie  |  Oordosis  |  Skietvoorval  |  Egpaar Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.