Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Welkom terug, Lily!’ – 12 000 km vir afskeid

Dit was haar droom om haar matriekafskeid hier op eie bodem saam met al haar vriende mee te maak. En hét sy nie.

Lily se ouma het haar pragtige rooi skepping vir haar gekoop. Foto’s: That Other Couple Photography

Lily Breytenbach (17) was aan die begin van verlede jaar in gr. 11 aan die Hoërskool Rustenburg toe haar gesin na Nieu-Seeland geëmigreer het. “Dit was vandat ek in die hoërskool gekom het my droom om matriekafskeid toe te gaan. Ek het heeltyd gesê ek wil terugkom Suid-Afrika toe daarvoor.”

Om dié droom te verwesenlik het sy as kelnerin by die Spur in Auckland begin werk om geld te spaar vir haar kaartjie terug Suid-Afrika toe. Haar pragtige rooi rok het haar ouma en tannie voor die tyd in ’n winkelsentrum in Pretoria gekoop.

“My sussie Sally (21) het dit aangepas. Ons is min of meer dieselfde grootte, so ek het maar duim vasgehou dat dit gaan pas en mooi lyk!” Haar skoene en juwele het sy in Auckland gekoop.

‘Almal het gedink ‘nee, sy sou nie so ver kom nie’.

Sy het die afskeid saam met haar boesemvriend Allan Wil­liams, ’n leerling aan die Hoërskool Rustenburg, bygewoon. “Hy het ’n kans gewaag om my te vra, want ek sou dalk nie kon kom nie, maar gelukkig het alles toe uitgewerk.” Sy het vir Allan ’n foto van haar sussie in haar rok gestuur ingeval hy iets wou koop wat daarby pas. “Hy het toe ’n donkerrooi strikdas gekry en ek het vir hom Nieu-Seelandse sokkies gebring,” skerts sy.

Toe hulle by die afskeid aankom, is hulle aangekondig met ’n luide “Allan Williams – en welkom terug, Lily Breytenbach!”

Sy sê sy is vroeg skool toe en het saam met die gr. 11’s, wat die afskeid vir die matrieks gereël het, aan sport deelgeneem. “Hulle kon nie glo dis ek en dat ek teruggekom het nie. Almal het gedink ‘nee, sy sou nie so ver kom nie’.”

Dié twee grapjasse is boesemvriende. Foto: That Other Couple Photography

Lily sê die ervaring was vir haar uiters spesiaal. Al kon haar ouers nie op die dag by haar wees nie, was die aantrek en regmaak steeds ’n familieaffêre. Haar ma kon ook op ’n unieke manier deel wees van die dag. Die aankoms van die matrieks is regstreeks uitgesaai op sosiale media en haar ma het omstreeks 04:00 die oggend die aankoms vanuit Auckland dopgehou.

“Sy het ook gereël dat ’n vriendin van haar se seuntjie vir my ’n bossie blomme bring op die tapyt, met ’n getikte briefie van haar af.”

Die ervaring het vir haar finale afsluiting gebring. Sy voltooi volgende jaar haar skoolopleiding in Nieu-Seeland voordat sy in ’n ingenieursrigting gaan studeer.

Meer oor:  Lily Breytenbach  |  Nieu-Seeland  |  Emigrasie  |  Matriekafskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.