Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wellington: Paartjie se branddood spook nog
Jacques en Sunita van Dyk.Foto: Argief

Meer as ’n jaar na die dood van ’n Wellingtonse egpaar wag hul familie en vriende steeds op antwoorde wat afsluiting kan bring.

“Ek het vir my ouers vertel dat ek die hele ding begrawe het, maar ek sal altyd na antwoorde soek,” sê Reghard van Dyk oor die dood van sy broer Jacques (30) en skoonsuster Sunita (31) van Dyk.

Reghard sê hy weet nou nog nie wat die aand van 10 Mei gebeur het toe die egpaar se huis voor 03:00 die oggend aan die brand geslaan het nie.

Sunita se lyk is in ’n bad vol water in die badkamer gekry. Jacques het op die badkamervloer met Skollie, hul hond, gelê.

In ’n lykskouing is vasgestel dat klein beentjies in Sunita se nek gebreek is, maar dat sy aan rookinaseming dood is. Die oorsaak van Jacques se dood is nie bekend nie.

Sunita en Jacques van Dyk op hulle troudag.Foto: Facebook

Reghard het kort na die egpaar se dood ’n private speurder aangestel om die omstandighede rondom hul dood te ondersoek. Hy sê Sunita se selfoon is erg beskadig in die brand. Haar boodskappe die laaste agt dae voor haar dood kon daarom nie bekom word nie.

’n Aansoek is by die polisie ingedien om toegang tot dié boodskappe te kry.

Sunita was ’n onderwyseres by die Laerskool Paarl Gimnasium. Bewerings dat sy in ’n buite-egtelike verhouding met die skoolhoof, Danie le Roux, gewikkel was, is ten sterkste deur Le Roux en sy vrou, Eloise, ontken.

Danie het ná die egpaar se dood in ’n amptelike brief aan die ouers van die Laerskool Paarl Gimnasium geskryf dat hy en sy vrou op, “ ’n persoonlike en emosionele vlak toegelaat het dat een van die personeellede te na aan ons kom”.

Sers. Nolotiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die geregtelike doodsondersoek is byna afgehandel.

Verklarings sal binnekort geneem word waarna die saak na die staatsaanklaer vir beslissing gestuur sal word.

“Geen gemene spel word vermoed nie,” sê Rwexana.

Meer oor:  Jacques Van Dyk  |  Wellington  |  Sunita Van Dyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.