Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Welwillendheid in Suid-Afrika verstom Winterhoop-span

Die Winterhoop-span bedank Beeld-lesers wat tot vanjaar se veldtog bygedra het.

“Ons was weer eens verstom oor die hoeveelheid welwillendheid wat daar in ons land heers,” sê Johan Krige, waarnemende uitvoerende hoof van MES (Mould Empower Serve).

MES, wat takke in Johannesburg, Kempton Park, Kaapstad en Port Elizabeth het, was saam met PEN (Participate Empower Navigate) in Pretoria, die Denis Hurley-sentrum in Durban en Torings van Hoop in Bloemfontein vennote in die veldtog.

Met die veldtog, wat van 1 tot 30 Junie plaasgevind het, is mense aangemoedig om komberse, warm klere en nie-bederfbare kos by spe­siale aflaaipunte af te laai, van waar dit aan hawelose mense uitgedeel is.

“Daar was vanjaar meer as 150 versamelpunte landwyd.

“Ons het 2 473 komberse, 2 780 inkopiesakke gevul met klere, 852 inkopiesakke gevul met kruideniersware en 1 612 musse ingesamel. Daarbenewens is skuiling aan 7 573 mense verskaf en is ons bankrekening om haweloses te help byna R220 000 sterker.

“Die veldtog het vir seker baie mense se harte aangeraak en as span kon ons werklik ’n verskil maak met elke uitreik en skenking aan die mense wat dit die nodigste het.”

Besoek die projek se webblad, Facebook-blad of Instagram-rekening vir suksesverhale.

Meer oor:  Winterhoop-Veldtog  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.