Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wen eie kajuit vir Oppiwater Kunstefees

’n Oppiwater-leserskompetisie verskyn môre in Beeld waardeur deelnemers die kans het om ’n kajuit op die luukse MSC Musica te wen vir RSG en Lefra se Oppiwater Kunstefees.

Die prys sluit kaartjies na al 25 vertonings op die fees, vliegtuigkaartjies na Durban en sakgeld in. Deelnemers moet geldige paspoorte byderhand hê, want die vliegtuig en die skip vertrek reeds Maandag.

Pret in die water en die son aan boord van die MSC Musica.

Maar vir diegene wat eerder self seker wil maak van hul plek op die feesskip, kan van die laaste kajuite nog bespreek.

Die nuwe en luukser MSC Musica is die grootste passasierskip waarop die fees tot nog toe gehou is en doen Suid-Afrikaanse waters vir die eerste keer aan.

Dit is in 2006 gebou en het 1 268 passasierskajuite wat meer as 2 500 passasiers kan huisves.

Frans Swart, feesorganiseerder, het onlangs beplanning op die Musica in Italië gaan doen. “Ek moet sê, wat my die meeste beïndruk het, is dat die Musica baie groter is en meer oop ruimtes het as die vorige skepe wat hier gevaar het.

“ ’n Mens eet te lekker op die Musica. Daar is vyf verskillende restaurante wat die wonderlikste kos bedien. En natuurlik eet jy jou totdat jy bly lê, want jy kan tot vyf maaltye per dag nuttig. Dan is daar nog koek en tee in die middae en as jy nog ’n hol kolletjie het, lekker pizzas of hamburgers,” sê Swart.

“En die verrassing vir my was die soesjirestaurant.”

Hy sê die Musica spog met een van die beste teaters ter wêreld. “Vir die Oppiwater Kunstefees is die Teatro La Scala ’n fokuspunt. Dit kan vergelyk word met die beste teaters en operahuise. Dit is baie goed toegerus en daar is plek vir meer as 1 000 feesgangers in die teater.”

  • Besprekings kan gedoen word by 087 630 0333 of aanlyn by oppiwater.co.za Vir meer inligting, bel Monica by 011 815 3000 of stuur e-pos na oppiwater@rsg. co.za.
Die luukse MSC Musica is die grootste passasierskip waarop die Oppiwater Kunstefees tot nog toe gehou is.
Die Teatro La Scala is van wêreldgehalte.
Meer oor:  Oppiwater Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.