Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wen naweek-wegbreke, etes en kontant

In Beeld se volgende leserskompetisie, wat van 16 tot 22 Julie duur, kan jy wonderlike prys wen, soos ’n GoPro-kamera, tweerigtingradio’s, piekniek-geskenkpakke, naweekverblyf en etes vir twee mense in ’n deftige hotel, geskenkbewyse van Shop­rite en kontant.

Die waarde van die pryse is meer as R40 000.

Die kompetisie is in samewerking met die eerste Medihelp trapNET-fietsren wat Trio Events volgende naweek by SuperSport-park in Centurion aanbied.

Dié fietsren oor 85 km is letterlik in Pretoria se strate, wat spesiaal deur die Tshwane-stadsraad vir die geleentheid voorberei en beveilig word.

Die wedren vind Sondag plaas.

trapNET Junior, wat spesifiek op kinders jonger as 12 gemik is, bestaan uit drie afstande – 1 km, 2,5 km en 5 km – en vind Saterdag in en om Supersport-park plaas.

Skryf in op www.trapnet.co.za. Inskrywings sluit vandag om middernag.

Medihelp trapNET behels ook ’n gesondheids- en leefstylskou met interessante stalletjies, aktiwiteite, musiekoptredes en heerlike kos en drinkgoed.

Dagbesoekers betaal R40 (volwassenes) en R20 (kinders van tussen ses en 18 jaar).

Ons publiseer elke dag ’n skeurstrokie wat jy kan uitknip, invul en by trapNET by Beeld se stalletjie in ’n houer kan plaas om in aanmerking vir van die pryse te kom. Ons gee ook weer pryse weg in ’n SMS-kompetisie.

Meer oor:  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.