Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wêreld-atlete in gedruis voor hotel in PE voorgestel

Terwyl die room van die wêreld se beroepsdriekamp-atlete vir die Halfysterman-wêreldkampioenskappe in Port Elizabeth aan die media voorgestel is, het die gedruis van ’n groepie stakers buite die gebou opgeklink.

’n Paar van die beroepsatlete om dop te hou in die Ysterman 70.3-wëreldkamioenskap wat die naweek in Port Elizabeth plaasvind. Van links is Jeanni Seymour (Suid-Afrika), Emma Pallant (Brittanje), Daniela Ryf (Switserland), Javier Goméz Noya (Spanje) en Ben Kanute (Amerika). Foto: Cara-Lee Dorfling

Net meer as 20 werkers van die Marine Hotel in Somerstrand het Donderdag vir ’n vierde dag gestaak.

’n Buitelandse besoeker het die stakers gevra om net vir ’n uur of twee stil te wees terwyl die beroepsatlete bekend gestel word, maar die klanke van vuvuzelas, tromme en ’n gesing het nie opgehou nie.

Thabisa Manzi, ’n verteenwoordiger van die National Union of Leather and Allied Workers (Nulaw), sê werkers eis ’n salarisverhoging van R600 per maand, maar die werkgewers bied slegs R350 aan.

“Terwyl aan ons gesê word dat hulle nie die verhoging kan bekostig nie, word tydelike werkers ten duurste aangestel om ons werk te doen.”

Manzi sê die werkers, wat kokke, onderhoudswerkers, kelners en veiligheidswagte insluit, sal staak totdat aan hul eise voldoen word óf hulle ’n verhoging van minstens R450 aangebied word.

Die hotelgroep het nie onmiddellik op navrae gereageer nie en in die hotel het opwinding geheers terwyl die top-beroepsatlete oor die wêreldkampioenskap Saterdag en Sondag gepraat het.

Daniela Ryf (31) van Switserland, wat in 2017 die Ysterman-Afrika-kampioenskap in Port Elizabeth gewen en die verdedigende wêreldkampioen in die Halfysterman vir vroue is, sê die korter nommer is nie noodwendig makliker nie. “Dit is baie meer intensief as die Ysterman-kompetisie. Jy moet van die heel begin af alles insit. Daar is nie tyd vir foute nie.”

Die Suid-Afrikaner Jeanni Seymour (26) het vroeër vanjaar in die Halfysterman-kompetisie in Oos-Londen koning gekraai.

Werkers staak Donderdagoggend buite die Marine Hotel in Somerstrand in Port Elizabeth.

“Ek hou van ’n uitdaging en vaar gewoonlik goed op ’n moeilike roete. Ek dink dié roete in Port Elizabeth gaan moeilik wees en vir ’n regverdige resies tussen die atlete sorg.”

Javier Goméz Noya (35) van Spanje, sal sy titel as kampioen in 2017 verdedig.

Diana Bertsch, adjunkpresident van die Ysterman-kompetisie, het haar tevredenheid oor die padoppervlak op die fietsryroete uitgespreek. Vroeër vanjaar is getwyfel of die pad aan die vereiste standaard sal voldoen.

“Ons is tevrede. Die stad het alles moontlik gedoen om die roete op ’n aanvaarbare standaard vir ’n wêreldbyeenkoms te kry en ons is baie dankbaar vir hul moeite om die beste ervaring vir die atlete te bied.”

Mongameli Bobani, nuwe burgemeester van Nelson Mandelabaai, het ook sy steun aan die sportbyeenkoms toegesê.

Meer oor:  Daniela Ryf  |  Port Elizabeth  |  Betogers  |  Atlete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.