Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wêreld stem: Dié Bok een van sexyste in rugby

Die Springbok-span is nou wel die Wêreldbekertoernooi-wenners en eerste op die wêreldranglys, maar nie een Springbok kon die topdrie haal van die sexyste rugbyspeler in die wêreld nie.

Damian de Allende, Springbok-rugbyspeler. Foto: Instagram/Damian de Allende

Hier moet Suid-Afrika tevrede wees met die vierde (en enigste) plek op die lys van 20, met Damian de Allende wat dié eer te beurt geval het.

Rugbyondersteuners wêreldwyd kon op Liverugbytickets.co.uk stem vir watter rugbyspeler dié kroon moet dra.

Jayden Hayward van Italië (maar wel ’n Kiwi) is as die sexyste aangewys, met George Ford van Engeland in die tweede en Codie Taylor van Nieu-Seeland in die derde plek. Pierre-Louis Barassi van Frankryk is vyfde op die lys.

Hayward het 79% van die stemme gekry, Ford 77%, Taylor 76%, De Allende 74% en Barassi 73%. Daar is nie bekend gemaak hoeveel mense gestem het nie.

De Allende is al voorheen raakgesien vir sy smeulende oë en donker gelaatstrekke, en hy het in September 2015 op die voorblad van GQ verskyn.

Met Engeland, Skotland en Ierland wat gesamentlik sewe manne op die lys het, moet mens die lys dalk wel met ’n knippie sout neem.

Suid-Afrikaners kan tereg dalk vra waar is ander Bokke, soos Faf de Klerk, Handré Pollard, Cheslin Kolbe, Siya Kolisi en Pieter-Steph du Toit.

Handré Pollard. Foto: Instagram/Handré Pollard
Damian de Allende in aksie. Foto: Instagram
Damian de Allende op die voorblad van ‘GQ’. Foto: Instagram/Damian de Allende
So met die kaal bolywe verdien meer Springbok-spelers dalk om op die lys van sexyste rugbyspelers in die wêreld te wees. Foto: Twitter
Jayden Hayward van Italië, wat volgens ’n peiling glo die sexyste man in rugby is. Foto: Argief
Cheslin Kolbe. Foto: Instagram/Cheslin Kolbe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.