SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Werk aan afgebrande tolhuis begin op Erfenisdag
Die tolhuis in die Montagupas buite George nadat dit afgebrand het.

Die ou geskiedkundige tolhuis in die Montagupas buite George in die Suid-Kaap wat verlede jaar in ’n veldbrand verwoes is, sal na verwagting teen volgende Donderdag ’n nuwe dak hê.

Die tolhuis word deur die organisasie, Vriende van die Tolhuis, herbou nadat dit op 29 Oktober verlede jaar afgebrand het toe ’n veldbrand by Herold ontstaan en in die Outeniekwaberge versprei het.

“Dinsdag, op Erfenisdag, begin die werk om die dak te vervang,” sê Gerda Stols van die Vriende van die Tolhuis. “Die dak sal hopelik teen volgende Donderdag op wees.”

Dinsdag word perdekar-ritte by die tolhuis vir besoekers aangebied en pannekoek en vetkoek met tee en koffie sal beskikbaar wees. Die Eden Minstrels-orkes sal ook optree en nuwe en ou items wat van die brand dateer sal uitgestal word.

Die tolhuis is tans sonder ’n watertenk nadat diewe vroeër vandeesmaand ’n splinternuwe 5 000-liter-watertenk daar leeggetap en die tenk gesteel het.

Die tolhuis is tans sonder ’n watertenk nadat diewe vroeër vandeesmaand ’n splinternuwe 5 000-liter-watertenk daar leeggetap en die tenk gesteel het. Die watertenk is onlangs deur Buffalo Tanks aan die tolhuis geskenk. Die diewe het vermoedelik die watertenk op ’n bakkie gelaai en weggery. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

“Ons het ons eie water vir die koffie en tee, maar mense moet hulle eie drinkwater saambring,” sê Stols.

Sy het almal bedank wat met die herbouing behulpsaam is. “Cape Cladding en The Roof Handler het gehelp, die balke en die hout vir die vloere word geskenk deur Houttek en die geute kom van Freddie King van Gutter Innovations,” sê sy.

Die tolhuis is meer as 170 jaar oud en was die woning van die tolgaarder en sy gesin. Die Wes-Kaapse Erfenisraad het toestemming vir die restourasiewerk gegee. Die tolhuis is in 1971 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

In 2015 is die Vriende van die Tolhuis deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer vir sy restourasieprojek om die geskiedkundige baken vir die nageslag te bewaar.

Vir meer inligting oor die Vriende van die Tolhuis se werksaamhede, besoek https://www.facebook.com/georgetollhouse/ of skakel Stols by 083 772 8252.

Meer oor:  Erfenisdag  |  Herstelwerk  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.